Video: Rolprente oor die vermiste Vlug MH370

Skermskoot uit die lokprent vir "The Vanishing Act"

Skermskoot uit die lokprent vir “The Vanishing Act”

Lokprente vir al twee rolprente volg onderaan die berig. Twee rolprente, wat geïnspireer is deur die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines, word aan kopers by die Cannes-rolprentfees voorgehou, skaars twee maande nadat dié vliegtuig met 239 mense aan boord verdwyn het.

Voornemende kopers kon Maandag ʼn lokprent van A Dark Reflection deur Fact Not Fiction Films sien. “Wat het met Vlug 313 gebeur?” staan op ʼn advertensie met ʼn vroulike silhoeëtte aan die einde van ʼn aanloopbaan. Die aanloopbaan se ligte is aangeskakel en ʼn passasiersvliegtuig, wat met twee wit ligte verhelder is, kan bo die vrou gesien word.

Vlug MH370 het op 8 Maart tussen Kuala Lumpur en Beijing verdwyn. Lug- en seesoektogte in die Indiese Oseaan het tot dusver nog niks opgelewer nie.

ʼn Advertensie vir ʼn soortgelyke rolprent het Donderdag in ʼn koerant by Cannes verskyn. Die advertensie vir The Vanishing Act is ʼn vliegtuig wat uit die wolke opstyg met die byskrif, “Die onvertelde verhaal van die vermiste Maleisiese vliegtuig”. ʼn Lokprent van 90 sekondes wys angsbevange passasiers en ʼn vuurwapen wat rondgeswaai word. Die Indiese regisseur Rupesh Paul, wat onder andere die erotiese rolprent Kamasutra 3D gemaak het, het die rolprent bevorder en vir kopers aangebied.

Paul ontken die rolprent is onsensitief só kort na die verdwyning. Hy sê hy het aan die rolprent begin werk net nadat ʼn Maleisiese joernalis hom gekontak het met ʼn teorie oor wat gebeur het. Hy sê hy is vol vertroue dat sy rolprent kan “werk”, selfs al word die wrak van die vliegtuig opgespoor.

Meer as 10 000 kopers en verkopers woon jaarliks die Cannes-rolprentfees by. -SAPA
http://youtu.be/8gMsKvwGTGs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.