Video: Rondloper-leeu het woonbuurt op hol

Skermskoot uit die selfoonvideo

Skermskoot uit die selfoonvideo

Strate is Saterdagaand afgesper in Milwaukee, Wisconsin in die VSA om die polisie die geleentheid te bied om ʼn rondloperdier, vermoedelik ʼn leeu, aan te keer.

ʼn Vrou het Maandag die polisie gebel om aan te meld dat sy ʼn leeu in haar woonbuurt opgemerk het. ʼn Selfoonvideo het intussen aan die lig gekom waar die leeu in die straat loop.

ʼn Wit veghond sal na verwagting ten volle herstel nadat hy Dinsdag in die regterpoot geskiet is toe hy glo vir die leeu aangesien is. “Dis belaglik. Die hond is nie naastenby die grootte van ʼn leeu nie,” het Karen Sparapani, direkteur van die Kommissie vir Huishoudelike Dierebeheer in Milwaukee, gesê. “Ons probeer om mense te oorreed om nie paniekerig te raak nie.”

Die Milwaukee-dieretuin het intussen op sy Twitter-rekening gesê al sy leeus is veilig in hul hokke.

Die polisie het die afgelope week reeds minstens 24 oproepe gehad van persone wat die leeu glo gesien het. Elke besigtiging is opgevolg, maar die dier is nog nie aangekeer nie. “Dierekenners maan inwoners om glad nie ʼn poging aan te wend om die dier te vang nie,” het die polisiedepartement in ʼn verklaring gesê. “Dit kan moontlik ʼn gevaarlike roofdier wees.”

Lees ook: CBS News, Milwaukee Journal Sentinel, Fox6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Tipies mens, skiet sonder dink, ai….Arme ou grote, hoop hy oorleef en kan teruggeplaas word in ‘n veilige omgewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.