[Video] ‘Rooi waarskuwing’ vir Beijing weens rookmis

Foto: AP Photo/Andy Wong

Foto: AP Photo/Andy Wong

ʼn Rooi-waarskuwing is vir die eerste keer in die Chinese hoofstad, Beijing, weens digte rookmis afgekondig.

Die besoedelingsvlak, wat in PM2,5-deeltjes gemeet is, het plek-plek in die stad 40 keer hoër geregistreer as wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as aanvaarbaar beskou word.

Skole is aangeraai om hul deure te sluit, bouwerk is gestaak en miljoene motors bly vir eers in die motorhuis. Die beperkings is Dinsdag ingestel en is vir minstens drie dae van krag.

Die waarskuwing is deur die stad se noodbestuurhoofkwartier uitgereik. Dit is die eerste keer dat ʼn rooi waarskuwing uitgereik is sedert die vierkleurskaal, naamlik rooi, oranje, geel en blou, in 2013 ingestel is. Die volledige berig kan gelees word in Trouw.

Die nuusdiens CNN het intussen ʼn video op YouTube gelaai wat saamgestel is uit foto’s wat die afgelope ses maande van CNN se buro in Beijing geneem is:

https://youtu.be/aW6QU1VtSfU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rietrot ·

As Chinese hier moet oor neem is besoedeling nie uit gesluit nie.

Johan 2 ·

Ek sal nie verbaas wees as die VSA meer besoedel per persoon as Sjina nie. Die is nou maar net weer anti-Sjinese propaganda deur CNN, hul het altyd ander agendas in die oog met waaroor hul verslag doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.