Video: Ruit gebreek om pop te red

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Paramedici in New Jersey, Amerika, het ʼn motor se ruit gebreek om ʼn vermoedelik lewelose baba uit ʼn geslote, warm motor te probeer red.

Nooddienswerkers het egter, nadat hulle ingebreek het, ontdek dit is eintlik net ʼn pop wat aan die voertuigeienaar se kleinkind behoort.

Die stad sal die vrou se ruit vervang.

Thomas Molta, woordvoerder van die nooddienste in Hoboken, het gesê hulle sal eerder té versigtig wees. “ʼn Ruit kan vervang word, maar nie ʼn lewe nie,” het Molta gesê.

Volgens NBS News sterf daar jaarliks ongeveer 36 kinders in geslote motors in Amerika.

http://youtu.be/BsOPj_HcGMQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.