Video: Rykmanskind oorleef 240 km/h-botsing

Branbestryders op die toneel. Foto: AP

Brandbestryders op die toneel. Foto: AP

Die video van ʼn seun van ʼn ryk sakeman in Thailand wat teen ʼn hoë snelheid ʼn motor op ʼn hoofweg tref en die botsing met geringe beserings oorleef, het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak.

ʼn Ander motor se aanboord-kamera het die hele voorval op video vasgelê waarna die video op YouTube gelaai is. Op die video sien ʼn mens ʼn motor wat rustig in die stadige baan ry en oomblikke later van agter af deur ʼn swart Mercedes getref word. Die Mercedes het na bewering 240 km/h teen die ander motor vasgejaag.

Albei insittendes, gegradueerdes in hul 30’s, in die voorste motor is op die toneel dood. Die man wat die Mercedes bestuur het, het egter net geringe beserings opgedoen en wou nie instem tot alkohol- en dwelmtoetse nie. Die polisie het glo sy wense gerespekteer.

Die botsing het op 13 Maart plaasgevind, maar die video het eers verlede week op sosiale media begin verskyn. Die botsing het die kwessie van die straflose kultuur van die rykes in Thailand weer onder die vergrootglas geplaas.

Die Mercedes-bestuurder, Janepob Verraporn (37), is nou boaan die lys van “Bangkok’s deadly rich kids”.

Songpol Wattanachai, nasionale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dat die publiek vertroue moet hê in die polisie en dat “geregtigheid sal geskied”.

Verraporn staan tereg op ʼn aanklag van dronkbestuur. Hy is tans by een van Bangkok se privaat hospitale.

https://www.youtube.com/watch?v=YbQBZue6190&feature=youtu.be

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarel ·

Daardie video is gedateer 2011! Dis verseker n ou video en nie waar nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sarel

Dankie vir die navraag. Ons besef die video wys die beeldmateriaal is in 2011 afgeneem, maar volgens owerhede het die geval ook eers op 13 Maart plaasgevind. Ons probeer ‘n oplossing vind vir die oënskynlike teenstrydigheid.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

JoeV ·

Dit kan wees dat die battery afgegaan het en die tyd nie weer reg gestel is nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Darty

Dankie vir die navraag. Ons besef die video wys die beeldmateriaal is in 2011 afgeneem, maar volgens owerhede het die geval ook eers op 13 Maart plaasgevind. Ons probeer ‘n oplossing vind vir die oënskynlike teenstrydigheid.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karma ·

Lyk my daar is een stel reëls vir die gewone, Jan-Armgat en dan is daar ‘n ander stel reëls vir die rykes, die politici, die Mercedes Benz/Audi/BMW/luukse SUV-bestuurders/Bloulig-brigades ens. So onregverdig, die klein blikskottel-windgat wat die ongeluk veroorsaak het, kon ‘n alkohol/dwelmtoets weier en die polisie het sy wense gerespekteer (seker maar hul wetgewing) en twee onskuldige mense het hul lewens verloor.

Lizelle ·

Ja Karma – Jy is absoluut korrek – alle BMW, Mercedes en Audi eienaars is roekelose, arrogante bestuurders wat ongelukke en dood voor die voet veroorsaak. Hoe durf enige morele, regdenkende en rassionele persoon ‘n BMW, Mercedes of Audi aanskaf? Kom ons spoor alle eienaars van hierdie motors op en daag hulle summier voor die hof…tsk, tsk…..soveel onkunde het ek lanklaas ervaar…..

Snip ·

Alkohol en dwelmtoeste nie gedoen nie en die polisie het sy wense gerespekteer!!!!, Hoekom????, omdat hy `n rykmanskind is!!!!!.

Snip ·

Ja nee, hier gaan dit oor die rykmanskind wat oorleef het en niks van 2 onskuldige mense wat gesterf het nie. Alkohol en dwelmtoets geweier en die polisie respekteer sy wens net oor hy `n rykmanskind is. Regverdigheid geld net vir sommige van ons mense.!!!!!

humor ·

Is dit nie maar dieselfde wetgewing wat hier aan die orde van die dag geld nie

Linja van Wyk ·

Youtube :

Deadly Highspeed crash. Affluenza kid kills two.

Published March 24 2016

Elizabeth ·

Asjas is reg – het hierdie uittreksel op Travel Guide se webblad gekry:
“In a country that values deference and patronage, and where police are infamously corrupt, there have been many other similar cases. But Janepob’s carried the added shock value of visuals. The video of the crash was taken by a nearby car’s dashboard camera, and quickly went viral. Police confirmed the video’s authenticity despite a time stamp with the wrong date, apparently because the owner had not set the date and time. A few days later, another video was uploaded and widely shared showing Janepob’s Mercedes smashing through an Easy Pass toll gate about an hour before the crash.”

http://guidetravel.biz/thailand/highspeed-crash-creates-uproar-in-thailand-176808.html

Sune van Heerden ·

Dankie vir die oplossing, Elizabeth!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.