[Video] SA gons oor Trevor Noah se R130 miljoen-woonstel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die komediant Trevor Noah het pas vir hom ʼn woonstel van R130 miljoen (sowat $10 miljoen) in Manhattan in New York aangeskaf.

The Wall Street Journal berig dié woonstel is in die gesogte Stella Tower. Die vloeroppervlak van die drieslaapkamer-dupleks is sowat 335 m2 en het ʼn terras wat reg rondom die gebou strek. Daar is glo ook ʼn uitsig van die Empire State-gebou as jy in die hoofbad lê.

Maroela Media het in 2015 berig Noah is aangewys as die nuwe aanbieder van die gewilde Amerikaanse geselsprogram The Daily Show. Noah het John Stewart vervang wat die program 16 jaar lank aangebied het.

Die video is verlede jaar deur Sotheby’s op YouTube gelaai en volgens berigte is dit die einste woonstel wat Noah aangeskaf het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Dit wil gedoen word, maar iets waaroor ek net sal kan droom

Jean ·

Baie mooi,hy verdien dit.Hy werk vir sy geld en is goed in wat hy doen so kom ons gun hom dit.”Well done”

Francie ·

Stem saam.
Net jammer dis maar nog in die stad né ! Nee, ek is nie jaloers nie, verkies net ‘n ‘skoon’ uitsig sonder ander geboue in sig. Veral juis wanneer ek in bad sit !

John ·

Darem lekker ne…in een kant vertel hy dat hy ook onder rasisme deur geloop het en dat wit mense lekker gelewe het terwyl ander moes sukkel…en nou Trevor? die lekker lewe ver weg van jou “volk”

NetSo ·

Jy is reg. Nog steeds loop hier baie met oogklappe rond en wil nie die waarheid weet nie. Hy is arrogant en gebruik rassisme, terwyl blankes hom aanhang, as ‘n verkoopsaas en om so guns te wen. Maar, eendag….

Basjan ·

Ja-nee, mense. Ek stem saam. Ek kan hierdie vent nie voor my oë verdra nie. As ek nou hier alles moet sê wat ek eintlik wil sê, gaan ek verseker in die moeilikheid beland.

Giggelgatjie ·

Ag toe, lag so bietjie man! Laat die ou toe om jou te laat lag – hy is snaaks, al is dit oor sensitiewe onderwerpe, en as hy ‘n goeie lewe vir homself daardeur kan maak, laat dit so wees… Daar is ‘n engelse gesegde wat lui: “Don’t take life too seriously… you won’t get out of it alive anyway”

Estie du plessis ·

Wonder hoe lyk zuma se seun se woonstel in dubai glo nie hy het gewerk daarvoor nie????

bella ·

Ek hou niks v hom nie. Kom hy op skakel ek na ander kanaal. Gelukkig vir hom is daar baie common mense wat vir sy strooi lag. Hy lag lekker vir hulle op pad bank toe.

Johann Barnard ·

Slim van hom om die geld in die buiteland te bele!

Giggelgatjie ·

Ag jinne, weereens is hier is ‘n klomp inhalige knorpotte wat nie die son oor enige iemand kan laat skyn nie! Ek vir een is trots op hom – sy grappies is vlymskerp – en dis ‘n heel ander ‘ball game’ om ‘n suksesvolle komediant te wees oorsee… Hy’t dit reg gekry!

E.K. - ek sê net! ·

Giggelgatjie stem 10000% saam met jou. Hy vat almal, regering inkluis (veral doen hy Zuma GOED!) aan in sy vertonings en is vreksnaaks. As hy dit kan bekostig, hoekom nie! Hy verdien sy geld op ‘n eerlike manier en dis ‘n dekselse goeie belegging!As hy dit eendag sou wou verkoop sal hy beslis sy belegging dubbel en dwars terugkry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.