[Video] Sanger stort ineen by konsert

sanger

In die video word gesien hoe die sanger sy mikrofoon neergooi en dan neerval op die vloer terwyl lede van sy span hom te hulp snel. Foto: Skermskoot uit die video.

Die 68-jarige sanger, Meatloaf, het Donderdagaand tydens ʼn vertoning in Alberta, Kanada, ineengestort terwyl hy sy treffer “I’d Do Anything For Love” gesing het.

In die video word gesien hoe die sanger sy mikrofoon neergooi en dan neerval op die vloer terwyl lede van sy span hom te hulp snel.

“Twee ambulanse en ʼn brandweerwa is op die toneel. Dit lyk nie belowend vir die ou nie,” het ʼn konsertganger op die Northern Alberta Jubilee Auditorium se Facebook-blad gesê.

Verskeie konsertgangers het video’s en foto’s op die ouditorium se Facebook-blad geplaas met boodskappe van beterskap.

“Ons bid vir jou, word gou gesond!” het nog ʼn aanhanger geskryf.

Die sanger het reeds vroeër vandeesweek ʼn konsert in Calgary gekanselleer weens siekte. Dis nie die eerste keer dat dié sanger flou val tydens ʼn konsert nie. Hy sukkel blykbaar al ʼn geruime tyd met asma.

Meatloaf se huidige toestand is steeds onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ouma ·

Ai ou grote – daar IS ‘n TYD om op te hou. Jy is 68 nie 18 nie! Jammer jy is nou so siek, maar jy moes laaaankal die mikrofoon opgehang het. In jou “hay days” was jy wonderlik, maar al hierdie “sterre” wat nog so vir oulaas ‘n “come-back” wil maak – dis nie jou lewe werd nie.

JT ·

Ek is ‘n groot Meatloaf fan maar hoe sing hy dan verder as hy op die grond lê? Uitgevang!!!

Jisef ·

Die “Back Track” het nog gespeel. Dit was nie hy nie. lekker dag.

E.K. ·

Ag tog LEES die berig. Waar staan dit hy het AANHOU sing?? JT en Jisef – wakker word!

Takkie Takuuza ·

E.K. moenie so gou mense vertel om wakker te word nie. Kyk die video, dan sal jy sien dat hy nie regtig gesing het nie, en toe hy hy val het die song aangehou speel asof hy nog sing. Koffie of sop as jy wakker word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.