[Video] Seeleeu pluk meisie onder water in

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn seeleeu wat ʼn jong meisie in Richmond in die weste van Kanada aan haar rok gryp en in die water trek voordat hy haar verder die water insleep, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Michael Fujiwara, ʼn student aan die Simon Fraser-universiteit, sê hy het die seeleeu op video vasgevang omdat dié dier baie na aan die pier gekom het terwyl toeriste en omstanders vir hom stukke brood gegooi het.

Die meisie het op die punt van ʼn brug gesit wat die water en die loopoppervlak van mekaar skei toe die voorval plaasgevind het.

“Die seeleeu het net skielik uit die water gespring, haar aan haar rok gegryp en haar in die water ingetrek. Toe sy eers in die water was, het hy sy greep verstewig deur haar om die middel te gryp en onderwater te trek,” het Fujiwara aan CBC News gesê.

In die video spring ʼn onbekende man in die water en bring die meisie na veiligheid. Die meisie en haar ma, klaarblyklik erg geruk deur die voorval, loop dan onmiddellik weg van die toneel.

Fujiwara sê dit is onseker of die man enige verbintenis met die ma of dogter het, omdat almal vinnig van die toneel verdwyn het.

Andrew Trites van die Brits-Colombië-universiteit meen die dier kan nie geblameer word vir dié voorval nie.

“My eerste reaksie op die video was een van hoe simpel sommige mense kan wees om nie wilde diere met die nodige respek te hanteer nie. Hierdie seeleeus is nie sirkusdiere nie. Hulle is nie opgelei om saam met mense te wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Harold Fourie ·

Die arme dier het seker gedink dis ‘n helse stuk wit brood wat hy kan gryp ….

Francois ·

Robert,
Hierdie is defnitief nie ‘n pelsrob nie aangesien robbe kleiner is en ‘n skerper snoet het.

Johantjie ·

Geen simpatie. Dom ma en oningeligte kind. WILDE DIERE IS PRESIES DIT. WILDE DIERE!!!!!!!!!?????

Ai ·

Ek stem saam jou! Hy hap die eerste keer, mis en dan gaan sit sy so waar as vet daar op waar hy haar paar sekondes vroeer amper gegryp het.

Kyk eks bly sy is okay maar rerig mense het net geen respek vir die natuur nie. Dink diere is hier vir ons entertainment.

Ek wonder ·

Ek wonder of ons in SA só omgee vir mekaar. Ons sal eerder by ‘n ongelukstoneel verbyry as om betrokke te raak wat van om nog fisies soos hier jou lewe op die spel te plaas. Ja, daar is uitsonderings . . .

Danie ·

Dit is ‘n seeleeu. ‘n Seeleeu het duidelik waarneembare oorskulp / -lob terwyl ‘n rob nie dit het nie. Die seeleeu het haar gesien as prooi. Hulle eet enige vleis wat hulle dit in die hande kan kry. Mense dink regtig elke plek waar hulle kom is of ‘n akwarium of ‘n dieretuin. Dit is ook die rede hoekom by mense aangeval word in die nasionale parke ensovoorts.

Sonja ·

Wat n dapper man, pleks die ma net dankie sê. Hy het nie eers twee keer gedink nie, net gespring. Wow!! Het gelyk of hy iets ook nog laat val het in die water, n sonbril of iets.

Alvida ·

Ouers moet oplet wat hulle kinders doen en waar hulle is veral by diere. En genade tog Dankbaarheid vir daardie man beslis .Dankie se kos niks. Hy het dalk sy horlosie en belangrike goed in sy sak of beursie verloor praat nie eers van nat klere en nat vervoer nie .Hy is n held

Vissie ·

Ek het bloedmin simpatie met die meisiekind, want mens hanteer wilde diere nie soos troetreldiere nie. Haar ouers moes haar daar weggehou hetf Maar dit lyk vir my na Chinese of Japannese, en hulle is so behep met foto’s neem dat hulle sulke belaglikhede sal oorkom. En ek stem saam, dis doodgewoon ‘n groot rob.

Sonia Scheepers ·

Bly uit die diere se pad, die mens dink dit is speelgoed. Nou kry die dier die skuld, word doodgemaak. Ai die mens is hier om alles te vernietig.

Valerie ·

Wow, was dit nie vir die blitsige optrede van “Jackie Chan” nie, weet ek nie so mooi nie. Kanadese (ek ken ‘n hele paar) het nie ‘n idee, ten spyte van gereelde beer aanvalle, van wilde diere nie. Dit blyk ‘n Noord-Amerikaanse tekortkoming te wees. Hulle weet net van Amerika en die vuil Toronto (geen grap).

Ella ·

Ek net n maand gelede aanskou hoe n massiewe rob byna n dogterjie se hand gebyt het. Baie baie byna. Dit was dansky die manne in Houtbaai hawe wat die robbe ‘mak’ maak deur hulle te voer sodat toeriste fotos kan neem. Die dag het die toerisdogtertjie met die robkos in haar hand staan en wag dat haar pa die regte kamera hoek kry om n foto te neem en net daar hap die rob na die dogtertjie met haar pa wat geskok gevries daar staan. Dis n wilde dier mense! Respekteer dit.

Lizette ·

Is die korrekte bewoording nie erg geskok of getraumatiseerd nie? Erg geruk is dalk nuut in die woordeskat.
Vra maar net.

Nadia ·

Defnitief ñ rob en as hulle enige kennis gehad het sou hulle weet die groot mannetjie robbe eet die kleintjies, self geobserveer by Robbe eiland in die Kaap. Hyt seker haar verwar vir dit, hy ken nie mense nie. Dom toeriste as jy my vra.

Bangbroek ·

Wanneer gaan mense leer dat wilde diere nie speelgoed is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.