[Video] Selfie in ʼn vulkaan

Nik Halik van Los Angeles, VSA neem 'n selfie in die vulkaan (via Carters Agency)

Nik Halik van Los Angeles, VSA neem ‘n selfie in die vulkaan (via Caters TV)

Twee persone het hul lewens gewaag om in ʼn aktiewe vulkaan in te klim – net om die perfekte selfie te kon neem.

Die Amerikaner Nik Halik (45) en Nieu-Seelander Bradley Ambrose (39) is twee van ʼn span avonturiers wat die hitte en giftige gasse van die Benbow-vulkaan op Ambrym-eiland in Vanuatu aangedurf het.

Die span moes weke lank wag vir die perfekte oomblik om in die vulkaan af te sak. Hulle moes ook een aand in die krater oornag.

Dit is die laagste punt wat enigiemand tot by die vulkaan kan vorder voor jy direk deur die hitte geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Die mens bly maar ‘n wonderlike ding.
Daarom gebeur dit dat hy/sy ook kraters van hulleself maak. In hierdie geval die moontlikheid van jouself ‘n krater maak in ‘n krater. Eish !!

SNEL ·

Eerder die res van my lewe geniet as om een oomblik van my lewe te waag om n selfie te neem binne ‘n vulkaan vir mense wat môre nie eers weer daaroor gaan praat nie. Dit wys mens net weer; ouderdom gee mens nie wysheid nie, jy kan aan 50 raak en nog steeds simpel goed aanvang.

christo ·

Ek dink weer die ouens is baie braaf.Hoe ouer n mens raak hoe banger raak jy.Dit is hulle manier om te toets of hulle nog kan.Mooiman trap die petrol

Grumpie. ·

Hier geld dieselfde argumente as oor die dra van sitplekgordels. As dit uitwerk is dit baie braaf en kan hulle lekker spog. Indien iets veekeerd loop is dit n “tragedie” of n “ongeluk” en kos dit die belastingbetaler n klomp geld om hul karkasse daar uit te kry.

HEVW ·

As omstandighede so was dat hul dit kon regkry dan was dit nie eintlik n prestasie nie en is dit ook nie eintlik nuuswaardig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.