[Video] Seun (2) by vakansieoord deur krokodil gevang

ʼn Skermskoot uit die video van die soektog in die oord.

ʼn Skermskoot uit die video van die soektog in die oord.

Polisiebeamptes en reddingspersoneel in Orlando in die Amerikaanse deelstaat Florida is steeds op soek na ʼn tweejarige seuntjie wat Dinsdagaand deur ʼn krokodil aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is.

Jerry Demings, die plaaslike polisiewoordvoerder, het in die vroeë oggendure gesê hy hoop dat hulle die kind voor dagbreek sal vind, maar het erken dat dit ʼn uiters moeilike taak gaan wees.

Die seun het saam met sy gesin by die Seven Seas Lagoon in Disney se Grand Floridian Resort & Spa in Orlando ontspan toe hy deur die krokodil aangeval is. Sy pa het in die water gespring en probeer om sy seun uit die krokodil se kake te kry, maar dit was tevergeefs.

Volgens die Orlando Sentinel het omstanders die dier as tussen 1,2 meter en 2,1 meter lank beskryf.

Die ouers het ʼn lewensredder wat daar naby was geroep en teen laat Dinsdagaand het ongeveer 50 beamptes deelgeneem aan die soektog na die kind. ʼn Disney-woordvoerder het gesê die oord is “platgeslaan” oor wat met die kind gebeur het.

ʼn Sosialemediagebruiker het ʼn video op Instagram gedeel van die soektog by die strandmeer in die oord:

https://www.instagram.com/p/BGqQ0K2nbT7/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Eers n kind in n Gorilla hok…nou n kind deur j krokedil gevang. In AMERIKA…met ouers…? Skokkend. Hoe op aarde gebeur so iets? N krokedil van g n kind voor sy ouers se oe by n vakansie oord?

Asmain ·

Jip dit gebeur! Ons was Des by die oord. Die alligators loop vry rond. Hulle het nie gedink ek is snaaks toe ek die bestuur vra hoeveel vakansiegangers hulle elke jaar aan alligators verloor !

Yolanda ·

Ek was nog nooit by die plek soos Asmain nie, maar ek glo dit is nie die ouers se skuld nie. Ek dink daar is nie die nodige veiligheidsheinings en waarskuwings borde op nie. Hierdie ouers het aangeneem dat dit veilig is, want volgens n ander berig klink dit of hulle net gaan stap het. Daar is borde van “swem verbode”, maar klink nie of hulle geswem het nie. Hoekom was daar geen borde wat sê dat daar gevaarlike krokodille in die water is nie. Geen mens sal mos dan met klein kindertjies of selfs alleen daar naby gaan nie. Hierdie is roekeloos van die oord se kant af. Kry die ouers vreeslik jammer. So onnodig.

Wat-ek-lees ·

Daar is sowat 1,25 miljoen van die kroks in Florida en gem. 10 aanvalle jaarliks. Hulle word dus nie as gevaarlik beskou. Daar word vir jou as besoeker gesê om versigtig te wees omdat die geringste waterpoeletjie een kan bevat.

Bertie Vorster ·

Dis ‘n alligator mense, nie ‘n krokedil nie, daar is ‘n verskil.

Cherokee ·

Bertie, niemand het gesê dat dit ‘n krokedil is nie. O askies, Johann het wel ook so gesê.

Yolanda ·

Alligator….see you later alligator, is Engels, ons praat van krokodille, vars water of see water krokodille. Ek kan nie dink dat ek al iewers of ooit in Afrikaans die woord alligator gehoor het om n groot krokodil of n sekere krokodil te beskryf nie. Ek kan verkeerd wees, maar soos ek sê, alligator is Engels en selfs as mens dit Google gee hy krokodil vir die Afrikaans. Waar is die taalkundiges om meer lig hierop te werp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.