Video: Seun geskors oor “vinger-geweer”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Nathan Entingh, ʼn 10-jarige seun is vir drie dae lank uit ʼn skool in Ohio in Amerika geskors nadat hy gemaak het of sy hand ʼn vuurwapen vashou en dit teen ʼn ander leerling se kop gehou het.

Paul Entingh, die seun se pa, sê dit is die volwassenes wat kinderagtig optree nadat die seun verlede week uit die Devonshire Alternative Elementary School in Columbus geskors is. “Hy het net gespeel,” het Paul aan The Columbus Dispatch gesê.

Jeff Warner, woordvoerder vir die distrik, het egter aan die koerant gesê die skoolhoof, Patricia Price, het studente vantevore oor dié speletjie gewaarsku. Daar is glo ook al drie omsendbriewe na die ouers gestuur.

Volgens Warner het Nathan sy vinger teen die kant van die ander skolier se kop gedruk en gemaak of hy skiet. “Die kinders is al vantevore gewaarsku as hulle nie daarmee gaan ophou nie, gaan daar gevolge wees,” het hy gesê.

Zero-toleransie-beleide is by skole regoor die land ingestel ná talle skietvoorvalle by skole. Een leerling is vantevore gedissiplineer nadat hy ʼn sponspyl by ʼn skool afgevuur het. ʼn 7-jarige seun is geskors nadat hy ʼn stukkie koek in die vorm van ʼn geweer gekou het.

Bron: Columbus Dispatch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.