Video: Seun sing Christelike liedjie totdat ontvoerder hom vrylaat

Willie Myrick. Foto: 11 Alive News

Willie Myrick. Foto: 11 Alive News

Die video volg onderaan die berig.

Willie Myrick, ʼn negejarige seun van Atlanta in Amerika, het glo aanhoudend ʼn Christelike liedjie gesing totdat sy ontvoerder hom vrygelaat het.

Myrick het tydens ʼn onlangse geleentheid, waar hy vir sy dapperheid vereer is, gesê hy het kalm gebly en die liedjie, Every Praise, aanhoudend gesing totdat sy ontvoerder hom laat gaan het.

Die man het hom op 31 Maart in die oprit van sy ouerhuis ontvoer. Hy het die liedjie gesing terwyl die man met hom rondgery het. Die ontvoerder het glo gevloek voordat hy hom vrygelaat het.

Hezekiah Walker, ʼn bekroonde gospelsanger wat die betrokke liedjie sing, het spesiaal na Atlanta gereis om die seun te ontmoet.

Walker het gesê hy glo God het deur sy liedjie gepraat om die seun se lewe te red. Die polisie het ʼn identikit van die ontvoerder opgestel en is nog na hom op soek. – SAPA-AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.