
Paulo Porpora se skildery, “Blomme”
‘n 12-jarige seun van Taiwan het by ‘n museum gestruikel en ‘n $1.5 miljoen-skildery gebreek toe hy val.
Die Paulo Porpora-skildery, “Blomme”, is 350 jaar oud en was op uitstalling in Taipei, berig Focus Taiwan.
In die kringtelevisiemateriaal kan mens sien hoe die seun tydens ‘n begeleide toer drentel, struikel, en dan teen die skildery druk toe hy val.
Volgens Focus Taiwan het die kurator van die uitstalling, Andrea Rossie, aangedui dat die seun se ouers nie aanspreeklik gehou sal word vir die skade nie. Die organiseerders sal die versekeringsmaatskappy nader om die skade te dek voordat die skildery na Italië teruggestuur word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ai, die arme kind! Hy het hom seker lam geskrik!
LOL miskien moes hy net sy voete bietjie optel as hy loop. Deesdae se jonges het altyd so slap-gat loop houding.
Mens wonder nou hoekom so ‘n waardevolle skildery nie agter glas is of beskerm is waar die publiek nie daaraan kan raak nie. Kry vir julle !!! As jy dom is moet jy val.
Die klein slap dikgat! Hand in die sak, koeldrank in die hand. Hy sal nooit wakker word so nie. Gee hom 6 hamburgers vir lyfstraf.
Bly om te sien julle het nog nooit n ongeluk gehad nie. Voel jammer vur die outjie, ongeluke gebeur. Ek sal vir hulle n nuwe een skilder vir die halfte van daai prys ;)