Video: Skade van R200 000 toe hulle hom instamp

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Kameraman van Kroasië se toerusting ter waarde van meer as $18 000 (ongeveer R187 000) is vernietig toe hoërskoolleerlinge hom in ʼn yskoue fontein gestamp het.

Dit is jaarliks glo tradisie dat die tieners, sodra hulle met skool klaar maak, feesvier in die strate. Marko Lukunic, ʼn fotojoernalis, het Saterdag foto’s van die geleentheid by  Zagreb-plein in Kroasë geneem. Twee tienerseuns het ʼn meisie in die yskoue water gestamp en toe Lukunic buk om haar te help, het hulle hom ook ingestamp.

Hy het ʼn Nikon D4, Nikon D3, Nikon 70-200 f/2.8, Nikon 17-35 f/2.8, Nikon 35-70 f2.8, 64GB iPad Retina en iPhone 5s by hom gehad. Die totale waarde van die toerusting beloop ongeveer 100 000 Kroatiese kuna (R187 000).

Die twee tienerseuns wat hom ingestamp het is reeds aangekeer en hul ouers sal moontlik verantwoordelik gehou word vir die vergoeding. Lukunic het glo ook sy been beseer, maar hy wil nie vergoeding daarvoor hê nie.
Bron: Cahayabox.net

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Onskuldige studentepret ontaard toe in ‘n duur storie. Hulle sal volgende keer twee dink voordat hulle iemand in ‘n fontein of enige water instamp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.