ʼn Kameraman van Kroasië se toerusting ter waarde van meer as $18 000 (ongeveer R187 000) is vernietig toe hoërskoolleerlinge hom in ʼn yskoue fontein gestamp het.
Dit is jaarliks glo tradisie dat die tieners, sodra hulle met skool klaar maak, feesvier in die strate. Marko Lukunic, ʼn fotojoernalis, het Saterdag foto’s van die geleentheid by Zagreb-plein in Kroasë geneem. Twee tienerseuns het ʼn meisie in die yskoue water gestamp en toe Lukunic buk om haar te help, het hulle hom ook ingestamp.
Hy het ʼn Nikon D4, Nikon D3, Nikon 70-200 f/2.8, Nikon 17-35 f/2.8, Nikon 35-70 f2.8, 64GB iPad Retina en iPhone 5s by hom gehad. Die totale waarde van die toerusting beloop ongeveer 100 000 Kroatiese kuna (R187 000).
Die twee tienerseuns wat hom ingestamp het is reeds aangekeer en hul ouers sal moontlik verantwoordelik gehou word vir die vergoeding. Lukunic het glo ook sy been beseer, maar hy wil nie vergoeding daarvoor hê nie.
Bron: Cahayabox.net
Onskuldige studentepret ontaard toe in ‘n duur storie. Hulle sal volgende keer twee dink voordat hulle iemand in ‘n fontein of enige water instamp.