ʼn Passasierskip het Sondagoggend in ʼn besige kanaal in Venesië teen en ʼn toeristeboot en die hawe gebots.
Minstens vier mense is beseer en daar word opnuut gevra dat daar ʼn beperking geplaas word op passasierskepe in die gewilde toeristestad.
Die botsing het in die Giudecca-kanaal, ʼn groot deurgang wat lei na die St. Marks-plein, plaasgevind. Die passasierskip, die MSC Opera, kon vir een of ander rede nie tot stilstand kom nie en het hard alarm gemaak voordat dit teen ʼn boot en die hawehoof gebots het.
Vier vroue, tussen 67 en 72 jaar oud, is beseer toe hulle geval of probeer weghardloop het toe die passasierskip teen die boot gebots het.
Volgens MSC Cruises was die MSC Opera op pad om te anker by ʼn passasiers erminaal in Venesië toe dit meganiese probleme ondervind het. Twee sleepbote wat die passasierskip begelei het, het die passasierskip tot ʼn stilstand probeer bring maar sonder sukses.
Die MSC Opera kan meer as 2 600 passasiers akkommodeer en het meer as 1 000 kajuite. Die skip het op 26 Mei van Venesië vertrek en na Kotor, Montenegro, Mykonos, Santorini en Korfu gereis voordat dit Sondag na Venesië teruggekeer het.
Now this is terrifying. Venice. Cruise ship. The two don’t go together. #Venice #CruiseShip pic.twitter.com/QVoN0TNi3m
— WALDEMAR JANUSZCZAK (@JANUSZCZAK) June 2, 2019
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Die Opera het in ons agterplaas gedok tot en met die laaste besoek in 2015 waarna die Musica oorgeneem het en opgevolg gaan word met die Ochestra. Dit is kolosale skepe.
Op die boonste foto wil dit voorkom asof die skip met sy boeg gesink het en nou op die hawe se bodem ter ruste gekom het of is ek verkeerd?
Ek dink die Opera is kleiner as die Sinfonia. Nie dat dit belangrik is nie, die skip is nog steeds groot. Net bly dat nie baie mense seergekry het nie.
Kom, kom maak pad!!
Kaptein – Span die seile !!!