Video: Skoolmeisies ontvoer: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Boko Haram, ʼn Islamitiese groep, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoering van honderde skoolmeisies in die noorde van Nigerië.

“Ek het julle meisies ontvoer,” het Abubakar Shekau, leier van Boko Haram, in ʼn video gesê.

Altesaam 267 skoolmeisies is op 14 April uit hul skool in Chibok, Borno, ontvoer. Altesaam 53 meisies kon ontsnap, maar 223 word steeds deur die militante aangehou.

Die voorval het tot internasionale ontsteltenis gelei en ʼn reddingspoging word geëis. Talle betogings is Sondag van Los Angeles in Amerika tot Londen in Engeland gehou. Betogers het plakkate rondgeswaai met die woorde #BringBackOurGirls [Bring ons meisies terug]. Dit is met verwysing na ʼn veldtog wat op Twitter begin is waarin die vrylating van die meisies geëis word.

Volgens Nick Cohen in The Guardian kan “Boko Haram” vertaal word as “westelike opvoeding word verbied”. Cohen sê die 220 skoolmeisies word as slawe aangehou en sal gedwing word om die Islam-geloof te aanvaar. Hy sê die meisies sal verkrag word of vir £10 (ongeveer R170) verkoop word aan nuwe eienaars. “Hulle word slagoffers van slawerny, kindermishandeling en dwanghuwelike,” skryf Cohen.

Goodluck Jonathan, president van Nigerië, het Sondag Amerika, Engeland, Frankryk en China genader vir hulp. John Kerry van Amerika het Maandag bevestig dat die VSA sal ingryp.

Bron: SAPA, CNN, The Guardian, FoxNews, AlJazeera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jASPER ·

En die meisies word verkoop aan mans. Iewers praat die Bybel van die “pes wat in die nag wandel”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.