Video: Skouspel met Venus en Jupiter

Skermskoot uit die NASA-video

Skermskoot uit die NASA-video

Venus en Jupiter het Dinsdagaand vir ʼn ongelooflike vertoning in die hemelruim gesorg toe dit gelyk het of die twee planete reg langs mekaar lê.

In Suid-Afrika kon mens dit met die blote oog sien, ondanks die feit dat Jupiter 365 miljoen myl ver is en Venus 162 miljoen myl. Jupiter is ongeveer 12 keer groter as Venus, maar Venus vertoon helderder.

Nasa noem dit ʼn “superster” wat op 30 Junie sigbaar sal wees.

Die twee planete skuif elke jaar so naby aan mekaar verby, maar die optiese illusie was hierdie jaar veral besonders. Die volgende keer wanneer die twee planete weer só naby aan mekaar sal vertoon is op 1 Maart 2023.

Het jy dit gesien en foto’s geneem? Stuur gerus jou foto’s aan [email protected] en laat weet ons waar jy die foto geneem het.

Lees meer: NASA, Business Insider, Jews News, CS Monitor, EarthSky.org

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anke ·

Gaan dit vanaand ook sigbaar wees? weet iemand dalk asb? ek soek ‘n verskoning om te braai. :-)

Liza ·

Ek en my man hou hulle al die afgelope 3 aande dop, gisteraand was dit op hulle helderste en baie na aanmekaar. Anke enige aand is n goeie verskoning vir ‘n braa :)

Susan Bye ·

Ek het twee sterre wat soortgelyk is al ‘n paar gesien gedurende Mei en Junie. My man het natuurlik gesê dis vliegtuie maar jhulle was elke keer op dieselfde plek en het nie beweeg nie. Wonder of dit deel van die situasie is ?

Anke ·

En ons braai lekker want die hemel is mooi en ons bly in Suid Afrika!!! O ja, en ons mag, dis klein Saterdag……

Eliza-beth ·

Ons het foto’s geneem en met die blote oog kon ons dit nie sien nie, maar met my man se goeie lense het van Jupiter se mane ook op die foto’s uitgekom. Wonderlik – mens is so gelukkig om sulke mooi dinge te kan sien en waardeer!

Pierre Celliers ·

Dit was besonders! Die pikswart nag met hierdie twee planete
so helder skynend en “na aanmekaar”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.