Video: Son nou “onderstebo”

Argieffoto

Argieffoto

Die video volg onderaan die berig. Die son het die ou jaar afgesluit deur die omswaai van sy magneetveld, sodat sy noordpool nou sy suidpool is, en omgekeer.

Die omruil van die son se pole geskied is siklusse van ongeveer 11 jaar, maar is laas in 1977 waargeneem.

Hoewel die son se magneetveld tot ver anderkant Pluto strek, en die ruimteweer geraak is, is so ‘n gebeurtenis nie die einde van die wêreld nie. Tydens die hoogtepunt van die omruiling is daar ook meer sonaktiwiteit, wat kommunikasie op aarde beïnvloed.

Ook die aarde se magneetveld draai gereeld om, maar die siklusse beloop gemiddeld tussen 200 000 en 300 000 jaar. Die afgelope 100 miljoen jaar het dit sowat 170 keer omgeswaai, en is nou weer besig om te verswak. Na raming sal die volgende omruiling oor sowat 2 000 jaar gesied. Kompasnaalde sal dan suid wys.

Nasa het ‘n video vrygestel om die omruiling van die son se magneetpole te demonstreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wessel ·

Dit sal nogal interressant wees om te weet of so ‘n omruiling van pole dieselfde effek op die mens sal hê soos wat in 1999/2000 was met die Y2K. Jammer ons sal dit nie kan beleef nie om skielik nie meer noord te loop nie maar suid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.