Video: Sonkrag-batterye vir huise

Elon Musk tydens 'n beraad in 2013 deur Heisenberg Media via Wikimedia Commons

Elon Musk tydens ‘n beraad in 2013 deur Heisenberg Media via Wikimedia Commons

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla en tegnologie-entrepreneur, het die ontwikkeling van ʼn nuwe batterystelsel aangekondig wat sonkrag sal kan stoor om later te gebruik wat sal lei tot ʼn wyer gebruik van hernubare energiebronne.

“Die vanselfsprekende probleem met sonkrag is dat die son nie in die aand skyn nie,” het Musk Donderdagaand tydens ʼn aanbieding by die Los Angeles-ontwerpstudio van Tesla Motors gesê. “Dit beteken dat energienetwerke wat sonkrag gebruik, steeds rugsteunbronne van elektrisiteit benodig. In Amerika word dit gewoonlik deur gas- of steenkoolaanlegte verskaf.”

Die batterye wat die nuwe maatskappy, Tesla Energy, sal vervaardig, is die “ontbrekende deeltjie” om meer te kan steun op sonkrag, het Musk gesê. “Die energie wat gegenereer word terwyl die son skyn, sal gestoor kan word om gebruik te word wanneer die son nie skyn nie.”

Tesla Energy sal batterye vervaardig wat vir residensiële gebruik aangewend kan word en batterystelsels met ʼn kapasiteit tot 1 GWh wat “’ʼn klein stad” soos Boulder in Colorado van elektrisiteit sal kan verskaf.

Die Tesla-kragmuur bestaan uit batterye wat op mekaar gestapel kan word vir residensiële gebruik en elk het ʼn kapasiteit van 10 kWh wat teen $3 500 (ongeveer R42 000) verkoop sal word. “Die batterye kan binne die volgende drie tot vier maande verskeep word,” het hy bygevoeg. Klik hier om jou kragmuur te bestel.

Die gemiddelde Amerikaanse huishouding het in 2012 ongeveer 11 380 kWh per jaar gebruik. In Duitsland is dit ongeveer 3 413 kWh per jaar per huishouding.

Die Amerikaanse departement van energie het in 2013 in ʼn verslag gesê die waarde van hernubare krag sal vergroot indien windkrag of sonkrag gestoor kan word.

“Om elektrisiteit te kan stoor is die een ding wat benodig word om ʼn behoorlike oorgang na ʼn volhoubare energiewêreld te verseker,” het Musk gesê. Musk bestuur ook Amerika se tweede grootste vervaardiger van sonkragselle, Solar City, asook die elektriesemotormaatskappy Tesla Motors en ruimtevervoermaatskappy SpaceX. Musk (43) is in Pretoria, Suid-Afrika, gebore.

Klik hier vir meer inligting oor die kragmuur.
https://youtu.be/yKORsrlN-2k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit vat my terug na my pa se windlaaier en windpomp met buitekleinhuisie en kerse en Millerlamp (nou by my). Alles self betaal en onderhou want sien, die apartheidsregering het dit nie vir jou gedoen.

At ·

Nou hoekom sal mens nou een 10Kwh battery vir R42000 koop as jy plaaslik 10 diepsiklus batterye vir die helfte van daai prys kan koop, dan het jy nog genoeg geld oor om ‘n ordentlike 1Kwh converter te koop

Johannes ·

At jy is so reg.My seun het die naweek twee huise op sonkrag gesit met twee 12volt batterye gekoppel aan ‘n sonpaneel met ‘n gelykstroom converter vir minder as helfte van R42000.

Ellen Diedericks ·

Om sonkrag in ‘n battery te stoor is niks nuuts nie – ons doen dit al jare. Dit klink egter of hierdie ‘n nuwe soort battery is wat meer effektief is. Ek sal graag wil weet of hy met iets anders as elektroliete werk. Dit is die eeintlike nuus – nie die feit dat hy sonkrag kan stoor nie – en ige battery kan daarvoor gebruik word.

Louis va Biljon ·

Hierdie nuwe tegnologie klink wonderlik. As ek egter lees dat ‘n mens ‘n stelsel vir die helfte van die prys kan aanskaf, dan besef ek dat Jan en alleman baie inligting en voorligtig nodig het voor hy/sy hierdie tegnolgie moet aanskaf, anders gaan baie mense dalk uitgebuit word.
Waar kan ‘n mens betroubare inligting bekom oor sonkragstelsels? Ek dink ernstig daaraan om hierin te belê.

Louis van Biljon ·

Waar kan ‘n mens betroubare inligting oor sonkragstelsels en -batterye bekom? Ek dink ernstig daaraan om hierin te belê.

Karel von Eschwege ·

‘n Nuwe plaaslike maatskappy voer alreeds die oorspronklike storingstegnologie vanaf Duitsland in. Die batterye gebruik litium-yster-fosfaat, en het leeftye tipies dubbeld langer as ander kommersiële produkte. Vir enige navrae t.o.v. bg. en uitgebreide sonkragstelsels, kontak [email protected]

|Eish! ·

Goed, almal gaan nou aan oor wat hy uitgevind het en of hul van beter weet. Al wat deur my klein breintjie gegaan het is nog ‘n Suid Afrikaner wat iewers anders iets beteken en in plaas van in Suid Afrika . En ons almal weet hoekom!

Jurie ·

Baie interresant om die “sonkrag ontwikkeling” van mnr Musk dop te hou. Hy is ‘n uitstekende sakeman met baie goeie tegniese kennis en met sy ruimte ontwikkeling van Space X het hy nie gelyke nie maar met die huisgebruik van Lithium batterye soek hy waarskynlik so bietjie kontant inspuiting van die algemene publiek.
Ek loop die pad al jare saam met die lithium battery (LiPo) ontwikkeling en hoewel dit ‘n wonderlike battery ontwikkeling is het dit ‘n baie spesifieke nis mark waarvan sonkrag vir huisgebruik definitief nie een is nie ! Na my mening is dit in vergelyking met loodsuur batterye (Pb) nog geslagte agter. Loodsuur batterye is relatief goedkoop en die betroubaarste bron om energie te stoor. Hulle is baie “verdraagsaam” en kan heelwat misbruik hanteer en weer vernuwe word as jy die kennis het, Lithium is geweldig energiek en kan groot hoeveelhede krag stoor en teen ‘n groot tempo lewer maar so temperamenteer soos ‘n koliek baba en het nie eers ‘n fraksie van die lewensduurte van loodsuur nie.(Ek wil nie eers ‘n persentasie waag nie). LiPo het die voordeel van baie ligte konstrukie en word in baie kleiner soorte toerusting gebruik waar Pb eenvoudig te swaar is. Die LiPo selle word ook individueel per sel gelaai en elke sel het sy eie mikro reguleerder aan boord en word binne ‘n baie kritieke laai en ontlaai “vensterwaarde” gehou. Sou jy een sel in die pak van bv 12V verloor is die hele pak nutteloos. Dit is 4V per sel dus 3 per 12V battery.
Die koste van ‘n LiPo stel batterye vir die selfde loodsuur kapasiteit sal jou in die handel ongeveer 3 keer die prys van Pb kos en nie naastenby so betroubaar en lewensduurte nie.
Litium is op sy eie as ‘n metaal baie reaktief met suurstof en alhoewel dit gestabiliseer is met ‘n polimeer om te gebruik in batterye is dit steeds ‘n battery wat my nagmerries gee en volgens my nie naastenby stabiel genoeg in groot installasies nie al probeer die handel jou dit wysmaak. Kyk maar bietjie op internet oor lithium battery ontploffings, dis natuurlik meerendeels die vroeere Lithiums wat dit gedoen het maar die inherente gevaar skuil nog.Dis ook die rede dat daar lugrederye hulle nie vervoer behalwe in klein tegniese toerusting soos kameras en rekenaartjies nie.
Ek is waarskynlik die een wat die meeste uitsien na die dag dat ons die LiPo kan kry op ‘n gelyke basis met Pb’s (koste en betroubaarheid met die liggewig voordeel) maar ons het nog ‘n baie lang pad. Vir huisgebruik in sonlaaiers, ek sal dit defintief nie oorweeg nie en wees maar gewaarku om nie ‘n duur les te koop nie.
Die Plan van mnr Musk is geen nuwe ontwikkeling nie dis net die applikasie wat verpak word in sy voorstelling van ‘n nuwe plan, maar helaas !
In ons kragbeurt situasie is die beste wat ‘n oplossing bied na my mening is om ‘n 1 tot 1,5 Kva UPS of soos dit alom bekend is vir enige iemand wat rekenaars gebruik ‘n “uninterrupable power supply” wat onder R2000 verhandel en twee diepsiklus ,of gewone swaardiens motorbatterye, ek verkies die laaste tipe, ek het geen bewys van enige voordeel in diepsiklus batterye nie, met ondervinding die inteendeel ! Kry ‘n elektrisien om die twee 12v batterye in serie te koppel en dit parralel met die UPS se eie interne battery stelsel, dit sal jou na my ondervinding tuis met ongeveer 15 Energie besparende ligte (LED ligte nog beter), ‘n TV, rekenaar en alle laaibare USB toerusting dra vir ten minste 30uur of langer. afhangend van ekstra las wat jy mag byvoeg. Indien ‘n elektroniese tegnikus byderhand het kan hy die UPS se alarm “Buzzer” buite aksie stel, anders moet die stel maar binne ‘n kas gehou word, die Piep-piep waarskuwing as die krag af is kan lastig wees indien dit naby jou leef area is .
Beste Wense !

Rhona Mocke ·

Baie dankie vir jou baie waardevolle inset. Indien ek meer inligting wil he, kan ons jou kontak. groete

George ·

Baie dankie vir ‘n baie insiggewende verduideliking. Ek dink dit plaas die hele storie in perspektief. ‘n Mens moet maar versigtig wees vir “sales talk”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.