Video: Sprinkane teister ook Namibië

Sprinkane in Namibië (Foto: Esther van Zyl/Facebook)

Boere in die Kharas- en Hardapstreke in Namibië word geteister deur ʼn vierde bruinsprinkaanplaag.

Kanaal 7 berig die ministerie van landbou, water en bosbou het gesê kontrolespanne is reeds in November verlede jaar in Karasburg-Oos ontplooi om die situasie te monitor. Tot dusver is 1,8 miljoen hektaar in die Kharasstreek deur die bruinsprinkane geteister.

Swerms is ook in Hardap in Maltahöhe en Gibeon opgemerk. Altesaam 490 hektaar is ondersoek waarvan 300 hektaar sporadies deur sprinkane geteister is.

Volgens die ministerie is die sprinkane in albei streke in hul ontwikkelingstadium en swerms is in staat om tot 100 km per dag te beweeg, afhangende van die windsterkte. Daar is onmiddellik met bespuiting begin en 1 094 hektaar is reeds, ook met behulp van boere, bespuit. ʼn Gebied van 2 120 000 hektaar word noukeurig gemonitor.

Kanaal 7 berig spanne is tans in dié twee streke met bespuiting en waarneming besig. ʼn Beroep word op boere gedoen om hul hekke oop te laat ten einde volle toegang tot besmette areas te verseker.

Motoriste word ook versoek om op die uitkyk te wees vir die swerms om padongelukke te voorkom.

Nuwe swerms kan in die Hardapstreek by Johanna Amakali by 081 170 0131 aangemeld word en in Kharas by Paulina Shilungu by 081 261 4073.

In Suid-Afrika is meer as R80 miljoen tot dusver bestee en 1 200 mense in grondspanne in drie provinsies aangestel om die huidige sprinkaanplaag hok te slaan. Dié plaag het reeds na meer as 50 distrikte in die land versprei en word beskou as een van die felste wat Suid-Afrika in dekades gesien het.

Bruin-Springkaanplaag

Die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou het in 'n verklaring boere in die Kharas- en Hardapstreke asook die algemene publiek ingelig oor die vierde Bruin-Springkaanplaag wat tans die twee streke teister. Luidens die verklaring is kontrole-spanne in die Karasburg-Oos Kiesafdeling reeds in November verlede jaar ontplooi om die situasie te monitor. Tot op datum is een komma 8 miljoen hektaar in die Kharasstreek sporadies deur Bruin-Springkaan geteister. In Hardap is Bruin Sprinkaanswerms ook in Maltahöhe en Gibeon opgemerk. 'n Totaal van 490 hektaar is ondersoek waarvan 300 hektaar sporadies deur Sprinkane besmet is. Die Sprinkane in beide streke is in hul ontwikkeling-stadium en swerms is in staat om tot 100 kilometer per dag te beweeg afhangende van die windsterkte. Daar is onmiddellik met die bespuiting van Sprinkane begin en tot op datum is eenduisend en 94 hektaar reeds – ook met die hulp van boere – bespuit terwyl sowat 2 miljoen 120-duisend hektaar noukeurig gemonitor word. Spanne is tans in die twee streke met bespuiting en ook verdere waarneming besig. 'n Beroep is op boere gedoen om hul hekke oop te laat ten einde volle toegang tot besmette areas te verseker. Motoriste word eweneens versoek om versigtig te bestuur ten einde padongelukke te voorkom. Plaaslike gemeenskappe en lede van die publiek is ook versoek om nuwe swerms onverwyld aan te meld. In die Hardapstreek kan Johanna Amakali by 081 170 0131 in die verband geskakel word en in Kharas kan Paulina Shilungu by 081 261 4073 geskakel word.

Posted by Kanaal 7 on Saturday, April 9, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.