Video: Storie agter man wat kangaroe pot

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Mense het ʼn video van ʼn man, wat in ʼn onderonsie met ʼn kangaroe betrokke raak, al miljoene kere regoor die wêreld gekyk, maar min mense weet van die hartseer verhaal daaragter.

Die kort video is op talle nuusagentskappe se webtuistes gedeel en word wyd op sosiale media versprei. In die video sien mens hoe ʼn groot kangaroe ʼn jaghond om sy nek beetkry en ʼn man nader hardloop om die hond te red. Die kangaroe los die hond en fokus eerder sy aandag op die man. Voordat die kangaroe egter iets verder kan doen, gee die man die kangaroe ʼn hou in die gesig voordat hy omdraai en wegloop. Die kangaroe kyk hom net verdwaas agterna.

Intussen het News.com.au die man in die video as Greig Tonkins geïdentifiseer. Volgens die nuusagentskap is die video in Junie vanjaar verfilm, toe ʼn groep vriende ʼn jaguitstappe in New South Wales gereël het vir Kailem Barwick (19), een van hul vriende wat met kanker gediagnoseer is. Kailem is verlede week oorlede.

Daily Mail berig Kailem wou graag voor sy dood ʼn wilde vark jag en die groep vriende het die jaguitstappie gereël om sy wens te bewaarheid. Hulle het die jaguitstappie verfilm om ʼn herinnering daarvan te hê ná Kailem se dood.

Die video het uiteenlopende reaksies ontlok. Sommige kykers meen die onderonsie tussen Tonkins en die kangaroe is baie koddig, terwyl ander voel dit was onvanpas van Tonkins om die kangaroe te slaan.

Die Taronga Western Plains-dieretuin het intussen aan News.com.au bevestig Tonkins werk daar en het gesê die dieretuin sal die voorval met Tonkins bespreek en dan besluit op gepaste stappe vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gerda ·

Ek dink dit was regtig onnodig vir daardie man om die kangAroo in die gesig te slaan nadat die kangaroo die hond gelos het.

Jannie ·

Gerda die hond is gelos na die man nader gekom het. Ek sou self een geplant het as dit my hond was. Kangaroo is nie so mooi dingtjie wat niemand iets kan aandoen nie, indeendeel is hulle baie gevaarlik.

Mou ·

Die man het geskrik en het uit reaksie die dier n hou gegee, dalk nie die beste reaksie nie, maar wie is ek om te praat.. Die ausies sal beter weet. Die man en sy hond en ook die kangaroo is darm nou buite gevaar. Garm het hy gereageer.

Margaret ·

Ek sou dit nie eers naby die Kangaroo gewaag het nie. Hulle is supersterk en die hond kan bly wees sy nek is nie gebreek nie. Persoonlik dink ek die outjie het baie gewaag om so naby aan die dier te kaan.

Clyvia ·

Ek dink darem nie dit was so erg nie. Ek dink hulle baklei baie erger tussen mekaar as daai klap wat hy gekry het.

vytjie ·

Sou hom met ‘n baseballbat gemoker het as dit my hond was… Ek bly die ou is ok..!! en die woefels ook ok… Flip dit kon anders uitgedraai het. Mense kyk strokies en dink wilde diere is mak… hulle word wilde diere genoem omdat hulle wild is en nie soos in strokies nie….

Willie E ·

Daai Kangaroo kan met een skop die ou se bors inmekaar skop,bene breek en long en hart trauma veroorsaak….persoonlik glo ek die hou het die kangaroo meer verbaas as seer gemaak.
Hy kan bly wees die kangaroo het nie terug geslaan nie…ek het al natuur lewe films gesien van hoe kangaroo’s met mekaar “boks”…glo my,’n man sal nie staande bly na slegs een hou van ‘n kangaroo nie…

Yvonne ·

Dis eintlik skreeeeu snaaks he he.
Dink nie eers daai kangaroe het daai klap gevoel nie, jy lyk eintlik uit geboul, dink hyt hom reggemaak vir ‘n boks geveg toe kry hy ‘n taai snotklap
he he he

Pieter ·

Yvonne ek kan ook nie op hou lag nie daardie verbasing op die Kangaroo se gesig!!! Dink ook die ou het sy alie afgeskrik daarom het hy hom gemoker hehehehehe

Magda ·

… sal besluit oor moontlike stappe? Hoe belaglik! Geen skade is aangerig nie, n hond se lewe is gered, so wat het die arme man dan nou verkeer gedoen. Wens ek kan n paar kangaroo’s invoer en as waghonde gebruik. Dit sal Malema en sy trawante 2 keer laat dink..

Belinda ·

Dis nou super cute…………………in SA sou daai arme dier gebraai gewees het………….

Griki ·

Aanval is die beste manier van verdediging. ‘n Kangaroo is ‘n gevaarlike dier en hy sou nie eens daai ou houtjie gevoel het nie.

DewaldS ·

Hy moes die kangaroe gewetter het toe sy arms nog om die hond se nek was. En kombinasie-houe het altyd baie meer effek..

Judy-Anne ·

Ek dink nie mense besef hoe sterk daai diere is nie dit is ongelooflik dat die hond nie sy nek gebreek het nie daai hou was niks vir daai Kangaroo nie.

Gertman ·

Ek dink as die kangaroo die hond net gelos en weg geloop het sou hy nie ‘n reguit regter gekry het. Kyk weer, as hy die hond los kom hy nader aan die ou, dan is dit wie slaan eerste lol.

Yvonne L ·

Genade, die man het geskrik en gevrees vir sy hond se lewe. Sy reaksie was instinktief veg; nie vlug nie! Enige man wat sy sout werd was sou gereageer het soos dié een. Ek dink hy is ‘n yster en dat die kangaroo volgende keer dalk twee keer gaan dink voordat hy weer ‘n hond aanval! Sou hy aan my hondekind geraak het, was ek dalk effens meer aggresief teenoor die kangaroe as die koelkopou!

Andre ·

Ag lekker lag ek nou… Sommer so lekker “casual love tap…”
Asof hy iemand van ‘n boellie af gered het… Die Kangaroo is ongedeerd behalwe vir ‘n knak dalk in sy ego, die hond ook nou veilig. Verstaan nie waaroor die hele ‘issue’ gaan nie… Behalwe dat dit relatief skreeu snaaks is.

phyllistea lategan ·

haha Andre verseker is kanga se ego geknou, hy het n onverwagde surprize gekry soos nognooit tevore nie, sy verdiende loon lol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.