[Video] Suksesvolle seelanding vir SpaceX-vuurpyl

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die private ruimtemaatskappy SpaceX het Vrydag suksesvol sy Falcon 9-vuurpyl op ʼn platform in die see geland, ná die suksesvolle lansering van die Dragon-vragtuig na die Internasionale Ruimtestasie.

Die Dragon is Vrydag om 16:43 EST vanaf Cape Canaveral in Florida gelanseer. Dié vlug sal noodsaaklike vrag by die Internasionale Ruimtestasie aflewer.

Ná die lansering, kon die maatskappy daarin slaag om die Falcon 9- hoofaanjaer-vuurpyl op die platform in die Atlantiese Oseaan te land.

Die landing is ʼn noodsaaklike mylpaal vir die SpaceX, aangesien dit bewys dat die maatskappy sy vuurpyle op soliede grond en in die oseaan kan land.

Die Dragon-lansering is die eerste sedert die voorval in Junie 2015, toe ʼn Falcon 9-vuurpyl met ʼn Dragon-vragtuig drie minute ná lansering ontplof het.

Die landing op die platform is SpaceX se tweede suksesvolle lopie. Die maatskappy het in Desember 2015 suksesvol die vuurpyl ongeveer 9,6 km van waar dit gelanseer is, regop geland. Vier vorige pogings was onsuksesvol.

SpaceX se uitvoerende hoof is die voormalige Suid-Afrikaner Elon Musk. Hy is ook die breinkrag agter Tesla, wat elektriese motors vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harry ·

Omw dit moet n clip van star trek wees. Absoluut asmasing
Hoekom fight ons nog met mekaar is daarnie n alien ras waarmee ons kan baklei nie

Benn ·

Vergewe my, maar daardie landing laat meer vrae as antwoorde!
Om mee te begin: “wat hou daardie honderdmeter lange Vuurpyl regop na landing? ”
Daar is niks te sien op die platform nie!
Kortom, dit lyk na ‘n lansering wat net teruggespeel word!

Wat-ek-lees ·

Gaan kyk by “Falcon 9 landing legs”(MM laat my nie toe om te spoeg-en-plak) vir verdere inligting oor hoe die ding land. Dit lyk asof die totale lengte 70m is.
Aangesien swart ekonomiese bemagtiging nie hier van toepassing is staan die beste stuurman aan boord. Ekskuus, “sit die beste wetenskaplikes agter hierdie projek se sukses”.

Wat-ek-lees ·

Miskien moet ek weer probeer:
Dit skyn asof die regte wetenskaplikes daar aangestel word ter uitvoering van die projek.
Slaag ek hierdie keer?

Garfield ·

Presies. Geen AA, BEE en BBBEE om die hele projek op te neuk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.