Video: Swanger vrou spring uit gebou wat brand

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Swanger vrou het uit ‘n gebou in Istanboel in Turkye gespring nadat die gebou na ‘n ontploffing begin brand het.

Huseyin Avni Mutlu, goewerneur van Istanboel, sê minstens drie mense is in Saterdag se ontploffing beseer. Die ontploffing het in ‘n verpakkingswerkswinkel op die grondvloer plaasgevind en ‘n brand tot gevolg gehad.

Die ontploffing is moontlik deur ‘n gaslekkasie veroorsaak. Volgens die plaaslike koerant Hurriyet is die swanger vrou een van die beseerdes en het sy van die tweede verdieping af gespring.

Die video wys hoe omstanders materiaal vashou om die vrou se val te keer. Dit gaan volgens berigte goed met die vrou en haar ongebore baba. – Sapa-AP

http://youtu.be/07AoiE3VOf0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.