Video: Tabakmaatskappy moet weduwee $23,56 miljard betaal

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hof in Florida, Amerika het skadevergoeding van $23,6 miljard aan ʼn weduwee toegestaan ná haar longkankerlyerman se dood 18 jaar gelede.

RJ Reynolds Tobacco Company, die tweede grootste tabakmaatskappy in Amerika, het die vonnis as onredelik beskryf, en aangedui dat appèl aangeteken gaan word.

Cynthia Robinson se regspan het aangevoer dat die bedryf rokers onvoldoende ingelig het oor die gevare van tabakrook, en sodoende veroorsaak het dat haar man, Michael Johnson, longkanker opgedoen het.

Die jurie het 15 uur lank beraadslaag voor die vonnis gevel is.

Die uitspraak is maar een van duisende hangende sake in Florida, nadat die staat se hoogste hof in 2006 ’n klasaksie van die hand gewys het. Skadevergoeding van $ $145 miljard is in dié saak toegestaan. Hierdie uitspraak het ook bepaal dat eisers bloot hoef te bewys dat die oorledenes verslaaf aan rook was, en dat die siekte of dood deur die rook veroorsaak is. Hulle hoef nie opnuut te bewys dat die maatskappye doelbewus gevaarlike stowwe verkoop het en mense onvoldoende gewaarsku het teen die gevare nie.

Bronne: Mail Online, Belga, Reuter

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Trippie ·

Beste Herman, hier is so paar foutjies in die artikel.

– | –

Supreme Court
gevore

– \ –

Baie dankie, ek sien dit is gewysig.

Suné van Heerden ·

Dankie, die wysigings is inderdaad aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.