Video: Talle beseer toe Londen-teater se dak instort

Die Apollo-teater se dak

Die Apollo-teater se dak

‘n Video volg onderaan die berig. Minstens 88 teatergangers is beseer, waarvan sewe ernstig beseer is, toe die dak van die bekende Apollo-teater in Londen Donderdagaand tydens ‘n opvoering ingesak het.

Daar was sowat 800 mense in die teater toe die gebou, wat in 1901 opgerig is, se dak met ‘n harde kraakgeluid ingegee het. Teatergangers het die West End-vertoning, The Curious Incident of the Dog in the Night-Time, kom kyk.

Die teatergangers het glo kraakgeluide gehoor, maar aanvanklik gedink dit is dalk deel van die vertoning, berig news.com.au. Een van die akteurs het glo ook “Pasop! Pasop!” geskree, maar mense het ook gedink dit is deel van die vertoning.

Van die teatergangers het beserings vrygespring omdat hulle onder die galery gesit het. Van die beseerdes het kermend vasgeknel in die puin gelê terwyl reddingswerkers hard gewerk het om die beseerdes na veiligheid te neem. ‘n Bus is opgekommandeer om beseerdes na die hospitaal te neem.

Die voorval het plaasgevind sowat ‘n uur ná ‘n frats-donderstorm Londen getref het, maar dis nog onduidelik of dit met die ongeluk verband hou nie.

Die Britse premier, David Cameron, het die nooddienswerkers geloof, en gesê hy is deurgaans op die hoogte gehou van verwikkelinge.

Klik hier en hier om nog foto’s en video’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.