Video: Talle dood toe hospitaal brand

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Minstens 21 mense is dood toe ‘n brand Woensdagoggend in ‘n hospitaal in die suide van Suid-Korea uitgebreek het.

Talle van die oorledenes was pasiënte wat weens liggaamsgebreke of beserings, nie die gifgasse wat in die brand ontstaan het, kon ontsnap nie. Die hospitaal spesialiseer op ouer pasiënte.

Die enigste verpleegster aan diens tydens die brand, het self omgekom.

‘n Demensielyer van 85 is aangehou in verband met die brand nadat ‘n veiligheidsvideo getoon het dat hy die vertrek ingegaan het waar die brand ontstaan het.
Nog agt mense is beseer, waarvan ses se toestand as kritiek beskryf is.

Bronne: AP, AFP, Trouw, Al Jazeera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.