[Video] Talle sterf in ontploffing tydens konsert

Gewapende polisiebeamptes buite die Manchester Arena kort nadat ʼn ontploffing die arena geruk het waar Arianda Grande opgetree het (22 Mei 2017). Foto: Peter Byrne/PA via AP

Minstens 19 mense is dood tydens ʼn ontploffing Maandagaand by die Manchester Arena in Manchester in Engeland waar die Amerikaanse sangeres Ariana Grande opgetree het.

Die polisie het gesê die ontploffing het omstreeks 22:30 by die arena met plek vir 21 000 konsertgangers plaasgevind. Talle kinders was ook in die skare. Altesaam 59 mense is in die ontploffing beseer.

Kort ná die ontploffing was verskeie polisiebeamptes en nooddienste op die toneel en die gebied is afgesper. Theresa May, Brittanje se eerste minister, het gesê die polisie hanteer die voorval as ʼn “afskuwelike terreuraanval”.

Polisiebeamptes buite die Manchester Arena kort nadat ʼn ontploffing die arena geruk het waar Arianda Grande opgetree het (22 Mei 2017). Foto: Peter Byrne/PA via AP

Hoofkonstabel Ian Hopkins, polisiehoof in Manchester, het gesê die voorval word as ʼn terreuraanval beskou, maar daar is nog nie veel meer inligting beskikbaar nie. Hy het gesê die polisie werk op plaaslike en nasionale vlak saam, asook saam met die nasionale anti-terreurpolisie en Brittanje se intelligensiedienste.

Intussen het die Amerikaanse departement van binnelandse sake in ʼn verklaring gesê hy monitor die situasie by die Manchester Arena en sal sy volle samewerking aan sy Britse eweknieë gee in die ondersoek na die ontploffing.

Andy Burnham, burgemeester van Manchester, het Maandagaand op Twitter sy medelye uitgespreek teenoor die families van oorledenes. “My hart gaan uit na die families wat geliefdes verloor het en my bewondering aan ons dapper nooddienste. ʼn Aaklige nag vir ons wonderlike stad,” het hy getwiet.

Amber Rudd, Brittanje se minister van binnelandse sake, en Nicola Sturgeon, Skotse premier, het ook albei hul medelye teenoor die families van die slagoffers uitgespreek.

Ooggetuies van die voorval het vertel hoe mense ná die ontploffing huilend en skreeuend uit die arena gehardloop het. Die onderstaande video, wat ná die ontploffing geneem is, is een van talle wat op sosiale media gedeel is:

https://www.youtube.com/watch?v=LSNeGjD1aZs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

. ·

10:30 – halfelf die oggend? Seker 22h30 of dan minstens 10:30 nm

Janie Monsieur ·

Dagsê,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chris ·

Enige terreur aanval is ongevraagd en tragies. Ek is net jammer vir die mense wat in die voorval om gekom het. Dit is maar nog net die ore van die seekoei. Ons moes hoe lank daarmee saam leef, terwyl die einste nasie ons land verguis (bevolking) het. Die res van die Europese lande se probleme kom ook nog. Die Amerikaners met hul bravado wat die IS wil beveg. Waar is die staat? Dit is ‘n gogga wat hulle geskep het om hul oorlogsmasjien aan die gang te hou. Ons sal maar wag en sien wat gaan gebeur.

anton ·

Hulle en ander lande soos Duitsland wat mos die ongewensde vlugtelinge met ope arms innooi en dink hulle is polities korrek moet maar nie te hard huil as die tipe goed gebeur nie.
Wat het hulle dan anders verwag?

Johannes ·

Sonja, want dit is wat TERRORISTE doen – teiken burgelikes. Net soos wat die ANC/SAKP (ge)doen het in die 80’s – plant bomme in winkelsentrums, poskantore en skole. Dieselfde ANC/SAKP wat Brittanje ondersteun het….

Willem ·

En die VSA ook ondersteun het – so hoekom doen Trump niks aan plaasmoorde nie?

Gerda ·

Dit is baie tragies en hartseer. Moenie julle verlekker in ander mense se seer nie.

Willem ·

Presies net so Gerda. Daar was soveel jong kinders saam met hulle ouers by die konsert. Dis tragies, en as my mense seergekry het daar sal ek nie wil lees hoe verlustig mense hulle oor die stories nie

Johannes ·

Gerda, ek dink nie iemand verlustig hulle in hierdie terreur dade nie. Maar is dit nie presies wat die ANC/SAKP destyds in Suid Afrika gedoen het nie (en baie erger) – en toe het Brittanje nie veel simpatie getoon nie, inteendeel hulle het die ANC/SAKP ondersteun.

Johannes ·

Goed, kom ons haal “destyds in Suid Afrika” vir eers uit die argument. Wat doen Brittanje en sy onskuldige inwonders dan om plaasmoorde (en ander terreur) wat huidiglik onder dieselfde ANC/SAKP regering gepleeg word aan te spreek? Stel hulle sanksies in teen die ANC? Steun hulle veldtogte teen plaasmoorde?

Willem ·

Hierdie artikel het niks met plaasmoorde te doen nie, Johannes. En hoekom moet Brittanje iets daaraan doen? Die hele westerse wêreld was teen apartheid, ons voorvaders moes van beter geweet het – nou sit ons met die gemors. Hoekom braak jy nie gal teenoor Trump nie – ek sien ook nie dat die VSA sanksies teen die ANC instel nie?

E.K. - ek sê net! ·

Johannes is geregtig op sy opinie en wat hy sê is eintlik waar. Ek is seker hy is NIE sarkasties en nog minder verlekker hy hom. Ai mense…hoekom hom nou aanval? Waar is die UK en andere wanneer ons sukkel onder plaasmoorde. Dink tog voor jul iemand se woorde verkeerd verstaan en so persoon net aanval.

Louw Wepener ·

Sukkel swartmense ook onder moord en misdaad, of net witmense?

E.K. ·

Baie baie sleg. Wonder net waar is die Maroelalesers wat so ruk gelede, na aanleiding van ‘n berig van iemand wat voorspraak vir SA’ners gemaak het om te kon emigreer dit met alle mag wou doen nou? Ek bly liefs in SA, hier weet ek wat ek het. Nêrens is mens 100% veilig nie, die tipe ding gebeur net al meer in Europa.

jakes ·

Simpatie met die persone wat naasbestaandes verloor het….by ons gaan dit dieselfde.
Onwettige immigrante uit Afrika loop in hulle miljoene by ons rond, en hulle maak en breek nes hulle wil.

JP ·

Het julle al gedink daar is dalk Suid Afrikaners wat ook by die konsert was of dalk dood is of beseer is mens is mens en klaar Dit bly tagies en mag God ie famielies deur die moeilike tyd help

Rynhardt ·

Ontploffing in Engeland is net die begin.Engeland se probleme met Moslems en Afrikane gaan nou toeneem!

Ai ·

Ja onskuldige kinders. Net soos die onskuldige kinders van Yemen, Afghanistan, Irak ens. wat deur Britse soldate of Britse wapens doodgemaak word.

Niemand verlustig hulle in enige kind se dood behalwe die wat doodmaak nie so hierdie mense wat sulke beskuldigings maak moet asb dink voor hulle tik.

Bert ·

Tragies.

Wat nou gebeur in Europa is as gevolg van dekades se liberale immigrasie beleid wat hoofsaaklik aan die linkses en globaliste te danke is. Hierdie is vir hul rekening. Die grootste risiko vir enige bevolking is nie oorsese weermagte nie maar liberales binne in daardie land. Hulle is naief, kortsigtig en roekeloos. En nou betaal onskuldige kinders die prys daarvoor.

Banbroek ·

Musiek konserte van hierdie aard word grootliks deur jong mense, tieners, eintlik nog steeds kinders, bygewoon.
Watse tipe dier is dit wat hulle sommer goedsmoeds, sonder waarskuwing, aanval?

Nellie ·

Daar word geen melding ooit in Britse koerante oor Suid-Afrika gemaak nie. Hulle stel nie belang nie. Met die ‘groot’ optog teen Zuma in die begin van April het ‘n tweelynparagraaf op bl 14 in die Daily Telegraph verskyn. Suid-Afrika bestaan nie vir Brittanje nie. (Pontius Pilates – hande gewas)

Frans C ·

Die dodetal het intussen tot 22 gestyg met 59 beseerdes,waarvan sommige ernstig.Die aanval volg maar die gewone terreurpatroon soos in die verlede plaaslik, nl om soveel terreur onder die bevolking te saai ,dat die dan druk op die regering plaas, om sy beleid tov die saak waarvoor,die terroriste veg te wysig.

Plaaslik het dit gewerk want met die behulp van sanksies is die NP gedwing om sy beleid
te verander en moes uiteindelik tot onderhandelinge instem.’n Bloedbad sou die voorland
wees,is voorspel. Intussen het 400 000 mense van alle kleure en geure hul lewens onder die
nuwe regering verloor.

Anel ·

Nou wonder ek maar net dat as al hierdie uitlanders europa toestroom, gaan die europeers op ‘n stadium Afrika toe kom om ‘n nuwe lewe hier te begin? En na so paar honder of korter jare, as europa nou properlies in sy m… is en Afrika is vooruitstrewend, gaan alles nie maar net weer van vooraf gebeur nie? Dan wil die spul weer tergkom!

B.B. ·

Ek dink nie julle is enigsins in die posisie om leedvermakerig te wees oor ander mense se ongeluk nie! Gaan eerder op julle knieë en bid dat julle eie kinders se basvelle nog ‘n dag gespaar sal bly in die naderkruipende duisternis wat dreig om ons almal te verswelg.

marous ·

Ons middeljariges weet presies waaran julle blootgestel word liewe Britse onderdane . Limpet myne , voertuig bomme , landmyne , handgranate in restaurnte , strate , kerke ens. Hoop regtig nie julle aanvallers sit binnekort in julle “parly” nie , want dan gaan julle die bitterste pil ooit moet sluk en sluk en sluk….

Zeus ·

So lank as wat die liberale lande hulle grense vir almal oophou sal ons voorvalle soos die sien.
Daar is nie op die stadium prosedures wat individueel mense kan uitwys as potentieele terroriste nie en daarom plaas mens dan n beperking op sekere groepe en lande as n geheel om nie na jou land te migreer nie. Baie eenvoudige konsep wat Liberale weier om te aanvaar.

gerbrandt ·

Anton, die gewone burger in Duitsland het hulle nie genooi nie – dit was Merkel – die Duitse kanselier wat se kom begin uithaak het oor haar vriendskap met Obama. Ek het vriende en familie daar en hulle is ….vol vir die immigrante wat so hulle land instroom. Die gewone burgers mag niks negatiefs teenoor die lot se nie of hulle word vervolg. Hulle hande is afgekap.
Daar was natuurlik hier en daar ‘n Duitse Burger wat gevoel het dit is reg maar nou het hulle ook al hulle fout agterkom noudat hulle sien hoe werk die lot se koppe.

anton ·

Ek is nogal bewus daarvan gerbrandt, maar hoekom stem hulle nie vir Merkel uit nie of raak ontslae van haar nie?
Hulle is tog nie so n korrupte land soos ons nie.
Hoe kan Duitsland sy mense vervolg as hulle iets negatief van die immigrante se? Hulle is tog nie kommunisties nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.