Video: Talle sterf toe vliegtuig in huise in ploeg

ʼn Vragvliegtuig het Maandag (16 Januarie 2017) in Bisjkek, die hoofstad van Kirgistan, neergestort. Foto: Twitter via @BoardingAV

ʼn Vragvliegtuig het Maandag (16 Januarie 2017) in Bisjkek, die hoofstad van Kirgistan, neergestort. Foto: Twitter via @BoardingAV

Altesaam 37 mense is dood nadat ʼn vragvliegtuig Maandagoggend in huise ingeploeg het toe dit in Bisjkek, die hoofstad van Kirgistan, neergestort het.

Volgens die Russiese nuusagentskap Tass, het die Boeing 747-vliegtuig die aanloopbaan gemis toe hy wou land. Die vliegtuig het in ʼn nedersetting naby die Manas Internasionale Lughawe ingeploeg en ongeveer 15 huise verwoes.

Tass berig die meeste van die oorledenes was plaaslike inwoners en minstens ses kinders was onder die slagoffers. ʼn Brand het uitgebreek waar die wrak van die vliegtuig tot stilstand gekom het, maar die vlamme is geblus.

Kirgistan se minister van paaie en vervoer het gesê daar kan nog nie bevestig word hoekom die vliegtuig die aanloopbaan gemis het nie. “Ons kan nie sê of dit weens ʼn tegniese fout of weerstoestande was nie.”

Volgens Tass was dit die ACT-lugredery se vliegtuig wat vanaf Hongkong na Bisjkek op pad was.

ʼn Video van die smeulende wrak van die vliegtuig is op YouTube gedeel en volg onderaan die berig.

https://www.youtube.com/watch?v=jzV_JxUvNzI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

1. n Vliegtuig van meer as 300 ton.(Volgens vliegtuig spesifikasies)

2. Waarde van vliegtuig etlike 100’e R miljoene.

3. Totaal 15 huis vernietig. Waarde on bepaal.

4. Meer as 30 onskuldige inwoners (6 kinders) gedood.

5. Beroepsvlieeniers in kajuit. (Lugredery)

6. Professional instandhouding van vliegtuig.(Lugredery).

Al hierdie elemente tesame maak dit n grusame gebeurtenis.

In teenstelling tot my vorige onge-publiseerde kommentaar oor vliegongelukke wat algemeen voorkom.

joe ·

Isnie die ou het met sy boing vir ‘n ford ku(a)ka uitgeswaai wat brand.

WW ·

Ek het op ‘n stadium naby OR Tambo gewoon en was ALTYD bang hierdie gebeur en ons bly in die slag. Werklik tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.