Video: Thailand-grot se oorlewendes binnekort ontslaan

Skermgreep uit die video

Twaalf skoolseuns en hul sokkerafrigter wat langer as twee weke in ʼn grot in Thailand vasgekeer was voor hulle gered is, sal na verwagting hierdie week nog uit die hospitaal ontslaan word.

Piyasakol Sakolsatayadorn, minister van gesondheid in dié land, het Saterdag gesê hulle sal die samewerking van die media benodig terwyl die seuns en hul gesinne weer by hul daaglikse lewe aanpas. “Ons help om hulle voor te berei vir die aandag wat hulle van die media gaan kry,” het hy verduidelik.

Die ministerie van openbare gesondheid het ʼn video gepubliseer wat wys dat dit goed gaan met die seuns en hulle bedank hul reddingswerkers en die publiek vir die goeie wense. Die seuns vertel ook van al die kos wat hulle graag wil eet. Die afrigter en seuns is tans op ʼn baie streng beheerde dieet en sommige het tot 5 kg in liggaamsgewig verloor.

Die twaalf sokkerspelers, tussen 11 en 16 jaar oud, en hul 25-jarige afrigter, is op 23 Junie in die Tham Luang-grot vasgekeer nadat kitsvloede hul enigste ingang afgesper het.

Hulle is verlede week ná ʼn dapper drie dag lange operasie gered waar kundige duikers hulle gehelp het om deur die nou, onderwater gange te navigeer.

Die groep sterk in ʼn hospitaal aan in Chiang Rai, naby die Mianmar-grens.

Lees alle vorige berigte oor die Thailand-grotredding op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Luister ·

Hoe nederig en dankbaar is hulle!
Hoop hulle sal verder normale, sorgelose lewens kan lei.
Moenie weer in grotte loop kruip nie. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.