Video: Tiener oorleef vliegtuigrit Hawaii toe in wielruimte

tiener vliegtuig ryloop

Twee video’s volg onderaan die berig.

Twee video’s volg onderaand die berig.

Lugvaart- en gesondheidsowerhede in die VSA is dronkgeslaan oor hoe ‘n tiener wat van die huis weggeloop het, ‘n vlug van vyf en ‘n half uur van San José in Kalifornië tot in Hawaii in die wielkompartement van die vliegtuig kon oorleef.

Die vliegtuig het tot ‘n hoogte van byna 13 000 meter gevlieg, en die temperatuur was minus 40 grade Celsius.

Die 16-jarige seun is betrap toe hy op die aanloopbaan van die lughawe van Maui ronddrentel het. Hy is ongedeerd, al was hy vir byna die hele duur van die vlug bewusteloos. Hy het eers sowat ‘n uur na die landing sy bewussyn herwin.

‘n Video wat toon hoe hy in San José oor die lughawe se veiligheidsheining klim, het sy aanspraak bevestig dat hy die rit oorleef het. Hy het van die huis weggeloop nadat hy en sy ouers ‘n meningsverskil gehad het.

Die langste wat iemand tot dusver so ‘n rit oorleef het, was 35 minute, en die vliegtuig het betreklik laag gevlieg.

Die seun is nie aangekla nie, en is nou in pleegsorg.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.