Video: Tienermeisies tuis ná poging om by IS aan te sluit

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Drie tienermeisies van Denver in die VSA is weer met hul gesinne herenig na hulle die land uitgeglip het om in Sirië by die IS of verwante radikale groep aan te sluit.

Twee, wie se ouderdomme onderskeidelik 15 en 17 is, is susters. Hulle is van Somaliese herkoms. Die derde, 16, is van Soedannese herkoms. Hulle is in Frankfurt, Duitsland, voorgekeer nadat die owerhede ’n wenk ontvang het.

Die drie is skynbaar deur propaganda van die radikale Islam geïnspireer om by ’n Islamitiese terreurgroep te gaan aansluit om ’n verskil te maak.

Dit is nog nie seker of hulle vervolg gaan word nie.

Die oorspronklike berig en beeldopname van ABC News kan hier besigtig word.


More ABC news videos | ABC Health News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.