Video: Toetsrit met motor wat self bestuur

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Google het onlangs ʼn paar inwoners van Kalifornië genooi om ʼn ‘toetsrit’ te geniet met hul splinternuwe motor, wat self kan bestuur.

Die motor is ʼn prototipe en het nie ʼn stuurwiel, rempedaal of petrolpedaal nie. Die motor word deur middel van ʼn slimfoon-app bedryf en dan druk jy net die “Go”-knoppie. Die motor se sagteware en sensors sal jou dan veilig tot by jou bestemming bring.

Die video is die afgelope week reeds meer as 5.6 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.