Video: Tornado’s tref Amerika

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Twee video’s volg onderaan die berig. Twee persone is Sondag dood nadat verskeie tornado’s Little Rock, Arkansas in Amerika getref het.

Die tornado’s is deur ʼn kragtige storm deur die sentrale en suidelike dele van Amerika verwek.

Een persoon het in ʼn klein voorstad van Oklahoma gesterf en een persoon is in Little Rock oorlede.

“Quapaw, Oklahoma, met sy ongeveer 900 inwoners, is die ergste getref,” het Joe Dan Morgan, direkteur van noodbeheer in Ottawa County, gesê. “Die helfte van die dorp insluitend die brandweerstasie is baie erg beskadig.”

Owerhede het vroeër gesê twee persone is in Quapaw oorlede, maar Kelli Soechs, woordvoerder van die polisie, wou nie die teenstrydigheid verduidelik nie.

Daar was ook tornado’s in Nebraska, Iowa en Missouri.

ʼn Groot tornado het Little Rock Sondagaand getref en sowat 48 km ver op die grond gebly en ʼn pad van verwoesting gesaai. Beeldmateriaal wys erg beskadigde geboue en voertuie. -SAPA
http://youtu.be/GlNxkU7ISK0
http://youtu.be/PGoTpvc14Zo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.