Video: TransAsia-vliegtuig stort neer

Skermskote van die vliegtuig wat val. Die video volg onderaan die berig.

Skermskote van die vliegtuig wat val. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Vliegtuig van TransAsia het Woensdag in ʼn rivier buite Taiwan se hoofstad Taipei neergestort.

CNN berig daar was 53 mense aan boord vlug GE235 op die ATR 72-600-vliegtuig. Minstens nege persone is tot dusver dood verklaar. Die vliegtuig het omstreeks 05:00 (Suid-Afrikaanse tyd) neergestort, kort nadat dit van die Taipei Songshan-lughawe opgestyg het.

Reddingswerkers het reeds verskeie mense uit die wrak gered, en volgens plaaslike owerhede kan daar van die meeste passasiers rekenskap gegee word.

Volgens AirlineReporter was die vliegtuig maar 10 maande oud.

ʼn ATR 72-200-vliegtuig van TransAsia het in 2002 tussen Taipei en Macau neergestort weens slegte weersomstandighede. Dit was ʼn vragvliegtuig en albei vlieëniers is dood. Nog ʼn ATR-72-vliegtuig van TransAsia, Vlug 222, het ses maande gelede neergestort. Altesaam 47 van die 58 passasiers het in hierdie ongeluk omgekom.

Dramatiese beeldmateriaal wat deur ʼn motor se aanboordkamera geneem is, is na Woensdagoggend se ongeluk op YouTube gelaai. Dit wys hoe die vliegtuig se vlerk die snelweg tref, voor dit in die rivier langs die snelweg neerstort.

Bron: CNN

http://youtu.be/q9q7cWeh3oI

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marcia Engelbrecht ·

Joe ek kan nie dink wat die arme mense binne in die vliegtuig moes deurmaak nie! Dis vreesaanjaend!

fina nieuwoudt ·

Ek bly maar bang om te vlieg, Daardie stomme mense se angs moes erg gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.