Video: Trok met vuurwerke ontplof in botsing met 90 karre

Skermskoot uit die Fox News-video

Skermskoot uit die Fox News-video

Een persoon is Vrydag in Michigan in Amerika dood na ʼn kettingbotsing van minstens 90 voertuie, waaronder ʼn vragmotor wat vuurwerke vervoer het.

Minstens 16 persone is na hospitale in die omgewing geneem. Altesaam 70 voertuie op die I-94-snelweg wat in ʼn westelike rigting gery het, het in mekaar vasgery en 20 voertuig in ʼn oostelike rigting.

ʼn Vragmotor wat 18 000 kg vuurwerke vervoer het, het aan die brand geslaan en die vuurwerke het ontplof.

Persone wat nie beseer is nie, is na skuilings geneem om hulle teen die koue te beskerm.

Lees meer: Detroit Free Press, CBC News, Fox 13

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.