[Video] Trump nou amptelik in Withuis

Pres. Donald Trump tydens sy toespraak.

Pres. Donald Trump tydens sy toespraak.

Donald Trump is Vrydagaand (Suid-Afrikaanse tyd) in Washington amptelik as Amerika se 45ste president ingehuldig.

Hy het in sy eerste toespraak as president, wat sowat 15 minute geduur het, gesê mag word nie net van sy voorganger, Barack Obama, na ʼn nuwe presidente oorgedra nie, maar van Washington terug na die mense.

“Die mense het lank genoeg die koste gedra. Washington se elite het floreer, maar die mense nie. Die diensstaat het hulself beskerm, maar nie die sukkelende gesinne regoor die land nie. Dit alles verander nou dadelik en net hier. Hierdie is jou oomblik en dit behoort aan jou,” het hy onder toejuiging van honderde duisende mense gesê.

“Wat regtig saak maak, is nie watter party die land regeer nie, maar watter party deur die mense beheer word. Vandag sal onthou word as die dag wat die mense weer die regeerders van die land geword het.”

Hy uitgespel dat Amerika die mense se land is en in die land se toekoms en welvaart gaan in alle besluite eerste gestel word om werkers en hul gesinne te beskerm.

“Ek sal vir julle veg en julle nie teleurstel nie. Amerika gaan weer wen en wen soos tevore. Ons sal ons grense, werk, rykdom en drome terugbring. Ons sal ons land herbou, met Amerikaanse hande en arbeid.”

Kyk sy volledige toespraak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Frans C ·

Maar vir die Amerikaners en hul President die spreekwoord van :Goed begonne is half gewonne’ bewaarheid word.

Anton ·

Frans jy is heeltemal reg…ek glo Amerika sal nou weer op die regte pad kom…en dit sal die wereld sommer n beter plek maak…Mnr Obama het ook baie goeie dinge vir Amerika gedoen…ek gun hom die aftredetyd wat vir hom en sy gesin voorle…

Juan ·

Obama het die demokratiese party eie handig vernietig-meet as 1000 het hulle setels verloor.
Obama het die laagste ekonomiese groei koers gehad van enige ander voorganger.
Obama & Hillary het Isis begin & befonds.
Obama is verantwoordelik vir vlugteling krisis in Europa.
Duisende Christene word in Syria vermoor terwyl Obama toekyk, Putin moes in spring en hulle red.
Obama het VSA skuld verdubbel na 20 trillion $.
Obama het VSA se grense heeltemal oopgemaak vir onwettige immigrante.
Ek kan aangaan & aangaan. Die “closet” Muslim het meer golf gespeel as wat hy gewerk het – dis al

Paul ·

Ja nee hemel Obama was ‘n DISASTER!!!!!! Totale mislukking. Ek glo GLAD NIE MEER aan politieke korrektheid nie.

Gerrit ·

Mag hierdie die begin wees van ‘n Goddelike ingrypping tot die terugkeer na die ware God(YHVH) vir die nasies wat Hom wil erken as Vader, Seun en Heilige Gees…sonder voorskrif van regerings regulasie oor hoe, wie, waar en wanneer. Mag ons vertroue in Abba Vader bly en nie soseer die mens nie maar mag elke mens homself onvoorwaardelik beskikbaar stel en waarlik dissipel wees vir en van Christus.

Celia ·

Gerrit, ek glo dit sal! Ek t aanmekaar trane in my oe gehad toe verskeie sprekers Bybel lees, bid en die Almagtige erken! Dit was net ongelooflik om te sien Wie die eregas was. Mag daar vuurkole op die hoofde kom wat so teen D. Trump was/is. (as ons kyk is dit oningeligtes, linkse media liberaliste wat net sonde voorstaan n die iluminatie) Die Here Self het daardie man uitgesoek. Hy gaan deur Trump en sy span werk en ek glo vandag Amerika herstel.
Het ons ma n Trump in SA gehad! n Man wat nie deur geld omgekoop kan word nie. Die trots van die mense op hul vlag en volkslied!

Paul ·

Ja Celia kyk maar mooi wie die LINKSE LIBERALISTE is – almal REBELLEER teen Jesus Christus ….almal ANTI-CHRISTE.

Joe Hall ·

Jammer dat hy nie ‘n sagter-op-die-oor toespraak by ‘n geleentheid wat meer waardigheid verdien, gelewer het nie. As nuwe staatshoof vir alle burgers van die VSA kon hy ‘n meer versoenende boodskap gelewer het ipv ene wat bloot ‘n herhaling van sy baie suksesvolle verkiesingsveldtog is.
Nietemin, is en bly ek ‘n Trump ondersteuner en hoop vuriglik dat hy vorentoe suksesvol gaan wees om die VSA ‘n beter plek vir sy burgers te maak. Genoeg gehad van die liberalisme van sy voorgangers se globalisme.
Viva nasionalisme!

Sarie ·

Ten minste het hy sy eie toespraak geskryf en nie een afgelees wat vir hom geskryf is nie.

Piet Fourie ·

Neewat Joe jou inleidende sin verklap jou. President Trump skuld oproerige teenstanders en valsnuus brakers niks, nog minder ‘n self inperkende toenadering toespraak.

Juan ·

Jou Globalist onderrok hang uit. Trump was 100% in die kol met sy toespraak, enigste vereiste was dat jy met n nationalistiese oor ipv n globalist oor moes luister – dis al

Joe Hall ·

Dankie tog dat ons nie almal met dieselfde opinies bedeeld is nie.
Joe Hall
:-)

Paul ·

Ja nee Joe dankie tog. Anders was ons almal net Satan aanbidders wat teen alles wat goed en orde is baklei. Genoeg vernietiging. Trump – soos ek – glo nie aan politiek korrekte kruipery nie. Dis wat die qereld het waar hy is.

Celia ·

Lehanie nou praat jy! Om trots te kan wees op jou president en jou vlag!
Maar, hy praat nie net nie. Ons moet elke dag vir hom en sy span bid. Ek weet vir n feit ons wittes in SA het ook sy simpatie- hy het dit onlangs gese… so, doen ook voorbidding vir Steve se sending na president Trump, mense!

Eugene ·

Ek glo nogals hy gaan na SA omsien, of tot ‘n mate hulp verleen wat nie gebaseer is op velkleur of apartheid nie, maar regverdigheid.

Alta ·

Ek twyfel of Trump hom veel oor SA sal bekommer. Sy standpunt is: “VSA eerste”. Suid-Afrika sal vir hom net nog ‘n Afrikaland wees. Nogtans wens ek hom alles van die beste toe in sy tyd as president van die VSA.

Katrien ·

Wat n lekker vooruitsig om n president te hê wat aan sy mense dink, en hulle belange op die hart dra.SUG….sal dit ooit hier gebeur?

Joe Hall ·

Daar’s ‘n groter kans dat jy vir Superman of Die Skim in lewende lywe sal ontmoet.

Nel ·

Niks fout met sy toespraak nie, tenminste laat hy nie toe dat politieke korrektheid hom voorskryf wat hy moet en nie mag se nie.

Johanna Botha ·

Hierdie man is reguit en praat goed kan egter nie dieselfde van ons president se nie hy mompel en lag oor alles ….geen wonder SA is n grap

mm ·

Kom ons bid vir hom, sodat die Here hom wysheid sal gee, bowenal op die einde is dit tog net God alleen wat oor die hele aarde Heers

Riaan ·

Trump het nie daar gestaan en eee!!eee!! nie en het ook nie standerd 3 nie, hy stel ook nie party eerste nie.

Maddox ·

Jy is natuurlik reg Riaan, en beste van als is , hy het ‘n biljoener geraak sonder om sy land se staatskas leeg te steel, of om homself met belasting geld te verryk.

Vic ·

Trump is so n goeie besigheidsman hy is 4 keer bankrot verklaar – en elke keer het hy honderde mense uit hulle hardverdiende spaargeld gedoen. Wonder hoe lank gaan dit hom neem om Amerika bankrot te maak?

chrisp ·

Hoeveel werk skep Hillary.Eintlik hoeveel werk het enige VSA president in sy lewe geskep? Indien hulle niks geskep het nie en geen besigheid begin het nie is hulle kanse redelik goed om nooit bankrot te speel nie.Maar nou ja logiese denke ontbreek maar aan die liberale kant.Maar ek moet byse gelukkig is daar van hulle met geen sonde nie,ek kan aan een dink.
Dalk kan die help om jou te laat dink Vic. Die hoop beskaam my egter.

According to PrivCo, and money.CNN, the Trump Organization has more than 22,450 employees and brought in $9.5 billion in annual revenue last year

Johannes van Staden ·

Trump is n suksesvolle besigheidsman ….kan ons dieselfde se van die leiers hier wat net van ander wil vat en vat en self nog nie n dag hulle eie besigheid of iets bedryf het behalwe skelmstreke en bejammering van hoe swaar hulle gekry het en hoe die wereld en almal hulle nou skuld …pateties ! !

Drakensberger ·

Ek is sommer jaloers op die Amerkaners! Watter vooruitsigte is daar nie aan hulle gestel nie! Wanneer ooit sal ons kan trots voel op ons geliefde Suid-Afrika? Mag Trump die Amerikaners bring tot groot hoogtes wat vir die wêreld tot ‘n voorbeeld kan wees. Eendag, miskien eendag sal ons ook trots kan wees op ons land.

gatiep ·

Al wat ek sien is dat die antie Trump ouens nou aan grashalms begin gryp om vas te hou.
Daar gaan nie keer wees aan die Trump trein nie dis verby. Die skuldiges in Washington kan maar begin tassies pak.
Hoop net nie hulle kom na ons toe nie.

Nel ·

Ag ou Viccie sou graag wou weet waar jy sou staan na 4 mislukkings – dis soos iemand per geleentheid opgemerk het: “The greatest success in life lies not in never failing , but in rising everytime we fail.”
Trump is op daardie gebied ook in goeie geselskap – dink maar aan Henry Ford en Walt Disney wat beide keer op keer misluk het met hul pogings maar nooit tou opgegooi het nie en uiteindelik bo uitgekom het. Dit se alles.

chrisp ·

Ag nee sies vir jou Nel. Jy kan mos nie met nugter denkie hierdie sneeuvlokkies wil kom seermaak nie.

anton ·

Nel……Ek stem 100% saam met jou!!!
chrisp…………Goed gestel ha ha. Ja die foutlose en sondelose mense op die aarde darm!!! Ai Ai.

Conrad ·

Vic- weet jy ooit dat hy nie eers n salaris gaan trek nie! Het so iets al ooit gebeur?
En, as ek nie geval en gefaal het nie, het ek nooit geleer nie en nerens gekom nie. Hy is vandag n biljoener en bereid om alles te gee vir sy land in plaas van aftree en op die stoep gaan sit.
Mens sal seker altyd mense kry wat net na n ander se verlede en foute gaan soek en in negatiwiteit opgaan en alles verdoem. Maar natuurlik, die hoogste bome vang die meeste wind, ne!

Vic ·

Ja Conrad, dit gebeur gereeld. Meeste Amerikaanse presidente is onafhanklik ryk, want teen die tyd wat hulle bo uitkom, het hulle al klaar vir jare die publiek besteel.
Dink jy regtig iemand so platvloers soos Donald Trump is n hoe boom?

du preez ·

Vic ek vra weer. Hoe voel jy daaroor dat die Obama maatjies Isis gesonsor het? Mooi Trump. Knap gedaan. Jy het rugraat goeie morele waardes goeie leiereinskappe en integriteit. Laat die liberales mooi op hulle neuse kyk!! Hulle het dit nooit verwag nie!! Ek is so bly dat die goed oor die kwaad oorwin het.

aloys ·

Ag wat , moe niet kla nie in SA. Trump hanteer ” eie volk eerste” en word leier van die magtigste nasie in die wereld.
As ons leiers in Europa so praat word hulle vir die regter gedaag , word ‘n cordon sanitaire gele en deur die elite en media afgebrand.

chris slabbert ·

Hannie ons kan droom. Dis goed so. n Man sonder n droom het geen toekoms nie. Ons sal moet self inspring en ons land red van die huidige verrotting..maar ook sonder ophou die aandag op ons vestig vir Internasionale beskerming. Let egter daarop Sy Edele Mnr Pres Trump gaan vryhandel staak. Viva Trump!!

du preez ·

Joe Hall en Vic die libs se dae is getel. Kyk maar wat gebeur in Europa. Om politiek korrek te wees is ook besig om te vergaan
Trump was en is polities inkorrek en met sy Presidentskap is dit bevestig. Volgende is Frankryk Duitsland en Swede. Swede is net so …….vol om polities korrek te wees. Die Duitse publiek betoog elke Maandag aand by die Dresden muur teen die libs en moslems soos wat hulle gedoen het met die Berlynse muur. Daar kom veranderinge……….

Kobus ·

Die wereld gaan stadig maar seker op sy kop gedraai word…eers was dit die Arabiese Lente…Brixet…Amerikaanse Liberale nederlaag…en so kan ek opnoem….maar die woelinge is wereldwyd te bespeur…maar in 2019 sal die kiesers hier in SA ook hul stem begin dikker maak….soos reeds gesien in verlede jaar se Munisipale verkiesing….teen 2024 is die magtige ANC teen die planke…

chrisp ·

Hoe hoop ek nie jy is reg nie Kobus,ek twyfel egter of die ANC mag vreedsaam sal oorgee.

Indien jy reg is bring ek die vleis vir die braai.

Joe Hall ·

@du preez
So van dae getel gepraat…as jy nie eers weet wat vir ‘n ding ‘n liberalis is nie, word dit onmoontlik om op sinvolle wyse gesprek daaroor te voer. Laat mens wonder oor wie se dae getel is.
:-)
Joe Hall

Dion Els ·

Ja nee tipies suid afrikaners en die res wat niks met die VSA uit te wai heti. Hy gaan n groot man word in wereld politiek. Julle kan toi toi oor die wereld n dit gan julle niks help nie man. Trump worry nie eens oor julle nie. Viva Donald J Trump

jaco ·

kom ons hoop hy gee politieke asiel aan wit suid-afrikaners wat toenemend swaarkry onder diskriminasie. dis nou al so erg dat ons vermoor word en die SA regering doen niks, so dit word eintlik goedgekeur.

Waarheid ·

Wat ‘n skande..die betogers vernaam die vrouens so goedkoop .. Sies..geen trots. Shame en die mans …min wetende net wat Mnr die President Wou sien en hoor ..sleg nou het hy bewyse en rede om dinge tot order te bestuur…daar is soos hier ongewensde mense wat moet UIT. ‘N slegte verloorder Grawe ook gewoonlik sy eie GAT. h clinton.:(

Toubs ·

Ek het gelees Pres Trump gaan $1 per jaar betaal word. Hy wil nie ‘n salaris he nie. Eintlik moet hy dit neem en maak met dit wat daardie Uruguay president, Jose Mujica, gedoen het met syne, 90% weggee aan die armes en kleinsake ondernemers.

Frans C ·

As jy wil sien waarvan die man praat as hy verwys na leë fabrieke en vervale infrastruktuur
Google Detroit-city en kyk hoe lyk dit daar.

sarie van heerden ·

Buitelanders is sat vir liberalisme en meeste van die lande beweeg weg daarvan. Trump word gekritiseer oor diegene wat hy aangestel het in sy regering maar almal is uiters suksesvolle besigheidsmanne. Pas in Trump se plan dat ‘n land regeer moet word soos ‘n winsgewende besigheid. Gee Trump kans.

goliat ·

Ek stem saam Sarie. Die anti Trump mense ly aan groepsdruk. Kan nie vir hulself dink nie. Soos n trop skape.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.