[Video] TV-aanbieder, kameraman tydens regstreekse uitsending doodgeskiet

Alison Parker. Foto: Facebook

Alison Parker. Foto: Facebook

‘n TV-aanbieder en kameraman van die WBDJ7-nuuskanaal in Virginia in die VSA is tydens ‘n regstreekse uitsending doodgeskiet.

WBDJ berig Alison Parker, ‘n TV-aanbieder, en Adam Ward, ‘n kameraman, is doodgeskiet tydens ‘n regstreekse uitsending omstreeks 06:45 Woensdagoggend.

Adam Ward. Foto: Facebook

Adam Ward. Foto: Facebook


Channel 4 berig dat daar tydens die onderhoud skielik skote en gille gehoor kan word. Die kamera val op die grond en mens kan ‘n man sien wat vermoedelik ‘n vuurwapen in sy hand het. Die polisie soek intussen na die skieter.

Volgens WDBJ7 was Ward 27 jaar oud terwyl Parker pas 24 jaar oud geword het.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

https://youtu.be/yKhzys9jzD0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.