Twee amptenare in Windhoekse middestad geskiet

Sarah Mwilima is dood en ’n kollega ernstig gewond in die skietery in Windhoek se middestad. Foto: Facebook

Namibië se polisie (Nampol) ondersoek ʼn skietvoorval in die Windhoekse middestad waar ʼn amptenaar van die departement van gesondheid en maatskaplike werk na bewering twee oudkollegas geskiet het.

Die verdagte (33), wat nog vir die departement werk, het tussen 11:00 en 12:00 Maandag besoek afgelê by sy gewese werkplek in die City Centre-gebou en glo op twee voormalige vrouekollegas geskiet. Hy het op die vlug geslaan, maar hom later aan die Wanaheda-polisie oorgegee, berig die NBC.

Sarah Mwilima (51), direkteur van die Programbestuurseenheid onder die Global Fund-direktoraat, is op die toneel dood, terwyl Ester Nepolo gewond en na die Rooms-Katolieke hospitaal gejaag is, sê komm. Sylvanus Nghisgidimbwa, koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomas-streek.

Dis nie iets wat ʼn mens in Namibië verwag nie.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi het aan die nasionale uitsaaier gesê Nampol kan nog nie nadere besonderhede bekendmaak oor wat tot die skietery aanleiding gegee het nie.

Petronella Masabae, adjunksekretaris van die departement, het aan NBC gesê sy en haar kollegas is geskok. “Dis nie iets wat ʼn mens in Namibië verwag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Dit verwag n mens nie in Namibië nie moet die geweld van SA nou oorspoel . Nampol julle moet dit in die kiem smoor.

Drieks ·

Die mense het mekaar geken en maak dit die hartseer storie anders. In SA vermoor hul mense wat mekaar nie eens ken nie.

Nel ·

Nee Drieks dit maak niks anders nie, geweld as oplossing vir probleme bly geweld punt. En moenie dink Namibia is ‘n Utopia nie. Alles wat hier gebeur, gebeur daar net op ‘n kleiner skaal en die helfte van alles wat daar gebeur haal nie ons koerante nie.
Het familie daar wat my op hoogte hou.

Namgrl ·

So WrintieWaar @ Nel

die goed wat die kant gebeur – haal soms nie jul koerante nie – soos die maroela media nie. al gebeur die op ‘n kleiner skaal as by julle – voel dit vir ons verskriklik masief groot!!! Ons word nog steeds geskok oor die geweld in ons land, dit ruk ons in stukkies – maar, ons hou vas. Ons dink tog ook aan julle in SA – ons ween met julle, ons bid vir julle. Ons hoop met julle.
Groete

Stephen Namibia ·

Nel van waar is jou familie? Ek lees elke dag die koerante en ons mense steek nie busse en skole brand nie. Hier word nie klip gegooi nie.
Besoek n slag Nam en jy sal die wedersydse respek ondervind tussen die verskillende bevolkingsgroepe.
Misdaad is oral en hierdie mense het n persoonlike dispuut gehad.

Gaitsigubib ·

Jy maak n fout as jy Nam en SA met mekaar wil vergelyk. Woestyn streke het gewoonlik min geweld behalwe as daar olie gevind word. Vergelyk Nam eerder met Botswana. Wanneer jy ‘n land het met min etniese diversiteit wat boonop yl bewoon is het jy gewoonlik nie marakas nie. As dit woestynagtig is, is dit n plus punt, want mense sal nie daar konsentreer nie. As jy dan nog min minirale het is dit n bonus. Ons het ook nog goeie mense in SA maar moelike omstandighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.