Video: Tweede Wêreldoorlog-bom ontplof

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video volg onderaan die berig. Minstens sewe mense is Woensdag dood en 19 beseer toe ʼn groot Tweede Wêreldoorlog-bom by ʼn skrootmetaal-pakhuis in Bangkok ontplof het.

Die 225 kg-dop is deur bouers by ʼn konstruksieperseel opgespoor en het dit toe aan ʼn skrootmetaalhandelaar verkoop, onder die indruk dat die bom skadeloos gestel is.

“Werkers by die pakhuis het gedink die bom is nie meer aktief nie, en hulle het ʼn metaalsnyer gebruik om die dop oop te sny toe dit ontplof het,” het Virasak Foythong, plaaslike polisiebevelvoerder, gesê.

“Minstens sewe mense is dood en 19 beseer,” het die stad se nooddienssentrum gesê.

ʼn Springstofkenner van die polisie het gesê die ontploffing het ʼn groot krater veroorsaak en huise binne ʼn radius van 500 m is beskadig.

“Dit was ʼn 225 kg-bom wat tydens die Tweede Wêreldoorlog uit die lug gegooi is,” het kol. Kamthorn Ouicharoen, van die polisie se bomeenheid, aan AFP gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.