Video van derde IS-onthoofding vrygestel

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video van David Haines se onthoofding volg onderaan die berig. WAARSKUWING: Alhoewel die onthoofding nie gewys word nie, is die beeldmateriaal skokkend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.

IS-ekstremiste het Saterdag ʼn video vrygestel waarin ʼn Britse hulpdienswerker, David Haines, onthoof word. Dit is die derde soortgelyke onthoofding in die afgelope paar weke.

Beeldmateriaal van die onthoofding van die Amerikaanse vryskutverslaggewer James Foley is op 19 Augustus vrygestel. Die video met Steven Sotloff, ook ʼn Amerikaanse verslaggewer, is op 2 September deur IS vrygestel.

ʼn Gemaskerde militant kan in die video gesien word waar hy Haines onthoof. Die 2 minuut 27 sekonde lange video is onder die opskrif, “ʼn Boodskap aan Amerika se bondgenote” gepubliseer.

Haines, geklee in ʼn oranje oorpak soos Sotloff en Foley, identifiseer homself aan die begin van die video in Engels en verduidelik dan dat hy die “prys moet betaal vir Cameron se beleid”. Die terroris, met ʼn Britse aksent, beskuldig dan die Britse eerste minister, David Cameron, in die video daarvan dat hy kragte saam met Amerika gesnoer het nadat die VSA verklaar het hy is in ʼn “oorlog” met die jihadiste gewikkel en met lugaanvalle teen hulle in Irak begin het.

“Julle is vrywillig in ʼn koalisie met Amerika teen die Islamitiese Staat, net soos jou voorganger Tony Blair gedoen het. Dit is ʼn neiging onder Britse eerste ministers wat nie die durf het om ‘nee’ te sê vir die Amerikaners nie,” sê die persoon in die video voordat hy Haines onthoof.

Die militant, wat moontlik dieselfde persoon is as in die vorige video’s, het Engeland gewaarsku sy alliansie met Amerika sal “Brittanje se verwoesting bespoedig” en Britte by “nóg ʼn bloedige en onoorwinlike oorlog betrek”.

Hy dreig om nog ʼn gyselaar van Engeland, Alan Henning, te onthoof. Hy het aan die einde van Sotloff se video gewaarsku dat Haines die volgende slagoffer sou wees.

Die Skots-gebore Haines (44) is in Maart 2013 in Sirië ontvoer. Hy het vir ʼn internasionale hulplenigingskema, die Agentskap vir Tegniese Samewerking en Ontwikkeling (ACTED) gewerk. Hy het vroeër ook humanitêre werk in die Balkan-eilande, dele van Afrika en elders in die Midde-Ooste gewerk.

Sotloof en Foley is ook in Sirië ontvoer.

Cameron het intussen die onthoofding as ‘n “daad van suiwer boosheid” beskryf en gesê die land sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat die moordenaars aanspreeklik gehou word.
http://youtu.be/X0wakoYkFFc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grassie ·

Die berig is skokkend en ontstellend, maar dit is nodig om te sien sodat ‘n mens op hoogte kan wees met waartoe die Moslem – geloof in staat is. Hul getalle is besig om vinnig toe te neem in ons land.

G o Realy ·

Arizona se sand lyk darem naastenby ne . Die akteur is seker nie weklik dood nie , met 911 (13 jaar terug) is daar werklik mense dood . Alles vir olie .

Drieks ·

Diep in my hart glo ek hierdie videos is nie eg nie. Die britte sal eendag nog verstaan wat ons hier in suid afrika deur maak en ek dink hul tyd kom vinnig nader met al di imigrante in hul land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.