Video: Vatikaan verduidelik oor pous-voorval

Pous Franciskus het Woensdag (27 Maart 2019) toegelaat dat Suster Maria Concetta Esu sy hand soen tydens sy weeklikse oudiënsie op St. Pietersplein. (Foto: Andrew Medichini/AP)

Die Vatikaan moes Donderdag mooi verduidelik nadat pous Franciskus gelowiges warm onder die kraag gehad het oor ʼn voorval wat vroeër vandeesweek in Loreto aan Italië se Adriatiese kus afgespeel het.

Beeldmateriaal van die pous wat telkens sy hand wegruk wanneer mense probeer om sy ring te soen, het wyd kritiek uitgelok met kritici wat sê hy verwerp kerklike tradisie. Die voorval het Maandag plaasgevind tydens die pous se besoek aan die bedevaartsplek van die maagd Maria in Loreto.

Alessandro Gisotti, woordvoerder van die Vatikaan, het egter gesê die pous se optrede was geensins bedoel as ʼn koue skouer vir kerklike tradisie nie. “Die pous het my vertel die rede is baie eenvoudig: higiëne,” het Gisotti gesê. “Wanneer daar lang rye van gelowiges is, … wil hy vermy dat kieme versprei deur mense wat almal sy hand op dieselfde plek soen.”

Meer as 100 mense het in Loreto bymekaargekom om hul respek aan pous Franciskus te betoon. Toe mense aan die einde van die seremonie een vir een voor die pous kom buig om sy ring te soen, het hy telkens sy hand vinnig weggetrek wanneer hulle dit probeer doen.

Gisotti het gesê die pous het geen probleem met die ring-soen-tradisie wanneer hy klein groepe of individue ontmoet nie, byvoorbeeld die sendelingnon wat Woensdag tydens sy oudiënsie op St. Pietersplein sy ring gesoen het.

Pous Franciskus verbind homself nie streng tot stiptelike protokol nie en het ʼn relatiewe liberale pastorale benadering, met sy fokus meer op genade as doktrine. Dit maak hom dikwels ʼn teiken van bitter verbale aanvalle deur konserwatiewe Rooms-Katolieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sharon ·

… Ja. En hy glo homself. Hys seker DIE swakste keuse NOG

ne ·

Is hyself bang vir kieme of is hy bang die ander mense tel kieme op?
Gelukkig is ek ook nie lief vir soen nie!

Melanie ·

As die pous nader sou stap, sal ek laat spaander. Hy moet maar sy ring en vinger self soen.

Chrisjan ·

Oegghhh en in SA sou hy aangekla geword geword het vir diskriminasie. Ek sal nie eers vir R1miljoen die grillerige oompie se hand/ring wou soen nie.

Annamarie Olivier ·

Ek dink dit is “mens” aanbidding.
Waarom wil jy nou sy ring soen? Is dit ‘n vereiste om gered te word?
Uitgediende gewoonte.

Obserweer ·

In SA sou sy ring spoorloos van sy vinger verdwyn het met al die gesoenery ?.

Theoman ·

Die ou blikslaar as hy dit aan my moes doen sou ek hom n taai klap gegee het, hy’s plein net bleddie ongeskik en dit nog met n smile op sy mombakkies.

NOOIT NIE... ·

Sy RING soen? Watse snert…. Dit maak mos deel van verafgoding??? Almal aanbid die goud deesdae. Wat het geword van ware godsdiens?

Smokey ·

Oppas vir die oomie.
Die hele wereld se leiers het al voor hom gekniel.
Dit gaan nog van almal vereis word.
Nie meer lank nie.

Boesman ·

Nee Smokey, die hele wêreld gaan nog Moslems word, nie meer lank nie.

Connie ·

Ek stem saam pasop vir die omie. Gevaarlike kalant. Dom mense hardloop agter hom aan. Hardloop agter Jesus Christus aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.