[Video] Verkeerde Mej. Heelal gekroon

Mej. Filippyne word uiteindelik as Mej. Heelal gekroon ná Steve Harvey se flater Foto: Getty via AFP

Mej. Filippyne word uiteindelik as Mej. Heelal gekroon ná Steve Harvey se flater Foto: Getty via AFP

Die kroning van Mej. Heelal het Sondag ʼn onverwagse wending geneem toe Mej. Colombia verkeerdelik as wenner aangewys is.

Mej. Colombia Ariadna Gutierrez het ongeveer 90 sekondes lank die glorie ervaar as wenner, en die kroon was reeds op haar kop toe die aanbieder, die komediant Steve Harvey, sê: “Ek moet om verskoning vra. Die eerste prinses is Colombia.” Dit neem Mej. Filippyne, Pia Alonzo Wurtzbach, dan ʼn paar oomblikke om te besef sy is eintlik die wenner.

Harvey het per ongeluk die verkeerde naam gelees.

Hy kondig dan aan: “Mej. Heelal 2015 is Filippyne!”

Harvey het daarna op Twitter om verskoning gevra, maar weer ʼn fout begaan toe hy in sy aanvanklike plasing Colombia en die Filippyne verkeerd gespel het. Die boodskap is uitgevee en vervang.

“Ek wil graag om verskoning vra aan Mej. Colombia en Mej. Filippyne vir my groot fout. Ek voel verskriklik,” het Harvey geskryf. “Ek wil ook aan die kykers om verskoning vra wat ek teleurgestel het. Weereens, dit was ʼn eerlike fout. Ek wil nie enigsins iets wegneem van hierdie ongelooflike aand, kompetisie of deelnemers nie. Hulle was almal wonderlik.”

Die kompetisie was vroeër vanjaar ook in die nuus ná die vorige mede-eienaar, Amerikaanse presidensiële kandidaat Donald Trump, omstrede uitlatings oor immigrante gemaak het. Die Spaanse netwerk Univision en NBC het egter geweier om die kompetisie uit te saai. Trump het albei maatskappye gedagvaar en uiteindelik in September ʼn skikking met NBC bereik waar Trump die netwerk se aandeel in die kompetisies uitgekoop het. Trump het dieselfde maand nog die organisasie, wat Mej. Heelal, Mej. VSA en Mej. Tiener-VSA insluit, aan die vermaaklikheidsmaatskappy WME-IMG verkoop.

Vroue van 80 lande het aan Mej. Heelal 2015 deelgeneem. Mej. VSA is as die tweede prinses aangewys.

Maroela Media het vroeër berig Mej. Spanje is Saterdagaand as Mej. Wêreld gekroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lise ·

Dit sal vir David van Rooyen laat beter voel – darem het hy ‘n naweek gehou.

Peet Schabort ·

Vlymskerp Lise. Eish, miskien moet hy maar hou by sy werk as komediant. Dalk kan Zuma tog ‘n sin van verantwoordelikheid by hom leer.

Johann Marx ·

Vir ‘n oomblik het ek gesit en dink “Daar trek hy nou ‘n Zuma op homself!!”….maar toe nie, want hy aanvaar toe wragtag verantwoordelikheid vir die gemors!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.