[Video] Vermiste kind 13 jaar later opgespoor

Julian Hernandez Foto: @CNN, Twitter

Julian Hernandez Foto: @CNN, Twitter

ʼn Kind wat 13 jaar gelede in Alabama in die VSA as vermis aangemeld is, is veilig in Ohio opgespoor.

Die kind, Julian Hernandez, was vyf jaar oud toe hy in 2002 verdwyn het. Die polisie in Vestavia Hills, Alabama, het gesê die owerhede het destyds vermoed die kind se pa, wat nie wettige voogdyskap gehad het nie, het moontlik die kind geneem.

Die Amerikaanse speurdiens (FBI) se kantoor in Cleveland het Maandag die polisie in Alabama gekontak en gesê Julian, nou 18 jaar oud, is in die stad opgespoor en sy pa is in hegtenis geneem. Julian het glo onder ʼn ander naam grootgeword, maar die waarheid het aan die lig gekom toe hy by ʼn kollege aansoek gedoen het, het die polisie aan WTVM gesê. ʼn Raadgewer by die skool het ontdek dat Julian se maatskaplikeveiligheidsnommer nie akkuraat is nie, het WOIO berig.

Julian se pa, Bobby Hernandez (53), bly in aanhouding.

Dan Rary, Vestavia Hills-polisiehoof, het gesê die kind se ma en familie is in kennis gestel.

Lees meer: Cleveland19, MyFoxMemphis, NBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nefie ·

En dit is altyd die kind wat onder so iets lei. Maar hoe dit ookal uitspeel, dis seker moeilik om ‘n wen-wen situasie te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.