Altesaam vier maansverduisterings word oor die volgende twee jaar verwag, bykans ses maande uit mekaar.
Die eerste maansverduistering is op 15 April, en sal oor Noord-Amerika en ‘n deel van die weste van Suid-Amerika waargeneem word. Dit gebeur baie min dat soveel maansverduiseterings so kort op mekaar volg, en talle bygelowe is gekoppel aan so ‘n gebeurtenis.
Die maansverduisterings word ook “bloedmaan” genoem omdat die maan weens die invloed van die aarde se atmosfeer op die sonstrale, ‘n rooi kleur sal vertoon. Die eerste bloedmaan volg bykans ‘n week na die son, aarde en Mars in ‘n reguit lyn opgestel was, en Mars deur ongeveer die hele nag as ‘n diep, maar helder oranje voorwerp gesien kon word.
Die eerste vier sal egter net in Noord-Amerika en die weste van Suid-Amerika gesien kan word.
….en talle bygelowe is gekoppel aan so ‘n gebeurtenis.
Dis nie mooi nie. Waarom die woord “bygelowe” gebruik, pleks van menings. Dan kry niemand seer nie.