[Video] Vier sterf in vliegongeluk

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Vier mense is dood ná ʼn ligte vliegtuig Maandag in twee huise in Riverside in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië vasgevlieg het.

Die Cessna-310 ligte vliegtuig het vyf passasiers aan boord gehad, twee volwassenes en drie tieners, toe dit middeldeur geskeur en in die twee huise noordoos van die Riverside se munisipale lughawe ingestort het.

Michael Moore, plaaslike brandweerhoof, het gesê dit is glo ʼn gesin wat in die omgewing was vir ʼn rasieleier-kompetisie in Disneyland. Dit is onduidelik of die vier oorledenes aan boord die vliegtuig was of in die huise was. “Ons kan wel bevestig dat een oorledene in die huis was,” het Moore laat hoor.

Een van die tienermeisies aan boord is uit die vliegtuig geslinger en word tans in die hospitaal behandel. Die vliegtuig het glo 100 km oos van Los Angeles by die Riverside lughawe opgestyg en was op pad na San Jose toe dit omstreeks 16:45 ineengestort het.

https://www.youtube.com/watch?v=exu6ToWqbLw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.