Video: Vliegtuie bots oor see; vlieënier dood

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Twee ligte vliegtuie het Sondag in die kusdorp Tortoreto, Italië, ten aanskoue van toeriste en baaiers gebots en in die see gestort.

MailOnline berig die vliegtuie het aan ’n lugskou deelgeneem toe die botsing plaasgevind het. Die voorval is op videokamera vasgelê. Beeldmateriaal wys hoe die een vliegtuig bo die ander vlieg voordat die boonste vliegtuig skielik afwaarts begin vlieg en teen die ander een bots.

Die vlieënier van een van die vliegtuie kon glo daarin slaag om ná die botsing beheer oor die vliegtuig te behou en naby die strand in die water te land. Marco Ricci (37), die vlieënier van die ander vliegtuig, was egter nie so gelukkig nie. Sy vliegtuig het in die see neergestort en sy liggaam is later deur duikers uit die water gehaal. Die lugskou is ná die voorval gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.