Video: Vliegtuig land amper op walvis

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Seevliegtuig het amper bo op ‘n walvis geland in Alaska.

CNN berig dat Thomas Hamm die gebeure op video vasgelê het in Angoon, wat slegs per boot of vliegtuig bereik kan word.

Die video wys hoe die vlieënier gereed maak om op die water te land maar die vliegtuig dan weer skielik optrek en ‘n ent verder eers land.

Die vlieënier het na die tyd gesê hy het nie die walvis opgemerk nie maar reageer nadat mense aan wal iets probeer beduie het en hy besef het iets is fout.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.