‘n Video van die voorval volg onderaan die berig.
ʼn Vrou met ʼn 1-jarige baba in haar voertuig is in Washington in die VSA doodgeskiet nadat sy deur veiligheidsversperrings by die Withuis probeer ry het.
Die vrou, wat deur die VSA-media Carey (34) genoem word, het van die toneel probeer wegjaag, en is deur die polisie agterna gesit. Sy is later buite die Amerikaanse senaat doodgeskiet toe die polisie op haar losgebrand het, berig The Telegraph.
Volgens die polisie is daar nie tans bewyse dat die voorval met terrorisme verband hou nie. Dit is in die stadium ook nie duidelik of Carey gewapen was nie, maar ooggetuies sê sy het nie ʼn skoot afgevuur nie.
In die jaagtog deur die hoofstad se strate is twee polisiemanne in ʼn botsing beseer. Een beampte is in ʼn stabiele toestand met ʼn helikopter na ʼn plaaslike hospitaal geneem die ander het geringe beserings opgedoen. ʼn 1-jarige baba dogtertjie is na die skietery uit die voertuig gehaal en is in ʼn “goeie toestand”, het die polisie gesê.
“Hierdie was beslis nie ʼn ongeluk nie en ons kan nie oor die vrou se motief spekuleer nie,” het Cathy Lanier, ʼn polisiehoof van die stad, gesê.
Die president was in die Withuis tydens die voorval en was in geen stadium in gevaar nie, het owerhede gesê.
http://www.youtube.com/watch?v=ddl8aKwF2RA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Waar is die video Maroela Media?
5 polisiemanne and 4 karre. ek sien nie eers die vrou nie. wat se kans het sy. sy is outnumbered by far.
iets is nie hier reg nie, geen wapen, kind in die kar? geen mamma sal haar kind aan so iets blootstel nie!!!!
Nadat sy wegjaag en nie mer n gevaar vir die Withuis inhou nie, word sy geskiet.
Het die stomme vrou nie dalk net sonder pille geraak nie?
Arme kind wat sonder sy ma moet groot word. Flip, as sy weggery het, wat is die rede dat hulle haar nog steeds geskiet het!