
ʼn Video van ʼn vrou wat ʼn wit vleuelklavier in haar woonstel in Kiëf, Oekraïne, bespeel kort nadat ʼn bom die woonstel bykans verwoes het, word wyd en syd op sosiale media versprei. (Foto: Skermgreep)
ʼn Video van ʼn vrou wat ʼn wit vleuelklavier in haar woonstel in Kiëf, Oekraïne, bespeel kort nadat ʼn bom die woonstel bykans verwoes het, word wyd en syd op sosiale media versprei.
Volgens talle inskrywings op sosiale media het die vrou haar woonstel ontruim nadat die video geneem is.
Terwyl sy op die klavier die Poolse komponis Frédéric Chopin se “Etude in A-mol, op. 25 no. 1” speel, stap die persoon wat die video maak deur die woonstel om te wys watter skade deur ʼn bom aangerig is.
Miljoene mense het reeds na die video gekyk en op Facebook en Twitter gedeel.
“Skoonheid tussen die puin. Ek hoop sy is veilig en leef lank om pragtige musiek te maak,” het ʼn Facebook-gebruiker oor die video gesê.
“Dit laat my huil. So onnodig. Mag God ʼn einde bring aan [Wladimir] Poetin se euwel en genesing, vertroosting en hernuwing bring aan dié wat soveel verloor het,” het nog ʼn Facebook-gebruiker gesê.
Kyk hier na die video:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
So mooi. Mag die Russiese krimineel sy dag kry!!Mag GOD geregtigheid laat geskied!
Prag tussen die puin. Dis verskriklik hartseer.
Dit is soos n mede kommentator dit nou die dag gestel het POETIN het aangesluit by die Russiese Ortodokse kerk en sal daarom nie sulke ongevoelige dade en misdaad teenoor die burgerlikke bevolking toepas nie. Dit moet seker n derde mag wees of die Ukriaanse soldate wees wat hom in n slegte lig wil stel.